Klim op Charles Leonard se Soul Trein


Op Paas-Maandag, die 6de April, begin ‘n nuwe programreeks in RSG se spesialis musiekgleuf. Dis getiteld Die Soul Trein en word aangebied deur musiekliefhebber en Mail & Guardian nuusredakteur, Charles Leonard. Die 13-program reeks wat elke Maandagaand ná die nuus aangebied sal word, sal hoofsaaklik fokus op soulmusiek, maar elke week sal daar so ‘n bietjie van soul se suster-klanke, genaamd funk en blues, gespeel word.

Charles Leonard se SOUL TREIN vertrek op 6 April.

Charles Leonard se SOUL TREIN vertrek op 6 April, kort ná 9 nm.

Soos jazz en rock het soul ook nie eendag, soos ‘n korporatiewe wegneem-ete klaar verpak in ‘n sellofaanhouer met ewe groot burger en ewe veel skyfies, in ons ore beland nie.

Soul is ‘n musiekstyl wat in Amerika in die 1950s en 1960s ontwikkel het uit gospel, rhythm & blues en jazz. Soul was die hoofsaaklik resultaat van die verstedeliking en kommersialisering van hierdie genres.

Maar soul is ook deur ander genres soos country en doo-wop beïnvloed, het veral ‘n stewige skeut psigedeliese rockinvloed gekry in veral die laat sestigs en vroee sewentigs.

Om die waarheid te se, soul is nogal ‘n streeks-gebaseerde genre, wat uitkenbaar verskil van groot Amerikaanse stad to stad, of streek tot streek. Die plaaslike musiekstyle en tradisies, en selfs politiek het hoorbare invloede op die verskillende style van soul.

“Ek gaan die luisteraars elke keer op ‘n musikale reis op Die Soul Trein neem,” se Leonard. “Dit gaan nie droog en skoolagtig wees nie, maar ek gaan seker maak dat luisteraars nie net na lekker musiek luister nie, maar ook so iets interessants leer in die proses. Ek hou veral daarvan om te gaan kyk waar liedjies eintlik vandaan kom, die stories agter die liedjies.”

Leonard het met soul grootgeword en is baie passievol daaroor. Soul, wat veral baie gewild in die sestigs en sewentigs, was nie net populer onder swart Amerikaners nie (die meeste soulmusikante is Afrikaan-Amerikaners), maar het wereldwyd baie aanhangers gekry met bekende kunstenaars soos Stevie Wonder, Diana Ross, Michael Jackson, Aretha Franklin, Prince, Nina Simone, Otis Redding, Etta James en talle meer. Hy gaan ook fokus op die groot en gewilde plate-etikette soos Motown, Stax en Atlantic, maar ook kyk na die klein obskures en die juwele wat hulle voortgebring het speel.

Leonard erken dis ‘n haas onbegonne taak om ‘n genre so wyd soos soul oor net 13 programme ordentlik te dek. “Maar dis ‘n uitdaging wat ek met groot graagte gaan aangryp,” se hy.

* Die Soul Trein begin op Maandagaand, 6 April net na nege-uur nuus. Moenie dié trein verpas nie!