Kylemore bekoord deur Be-koor


Een van RSG se getroue luisteraars, Doreen van Kylemore, en vriende het onlangs die Be-koor konsert in Kaapstad bygewoon.
Doreen het laat weet:
“Mens was dit nou vir ons ‘n bekoorlike Koor bekoor! My mense was in ekstase en het elke item geniet. Wat ‘n voorreg was dit om soveel talent te ervaar. Die tannie met die rooi serp is my ma sy is verskriklik lief vir sang en sy is 83 jr oud. Sy sing al vanaf 12 jr in die kerkkoor sy sê die gees is nog baie gewillig maar die stem is nie altyd so goed .Ons is nou geswore Be-koor aanhangers .Was dit nou vir my lekker om Jan en die ander ook te ontmoet. Nogmaals dankie. Ons sien uit na volgende jaar, as dit die wil van die Vader is.”

Goeie more Magdaleen ek vra om verskoning omdat ek nou eers terug voering gee,mens was dit nou vir ons n bekoorlike Koor bekoor my mense was in ekstase en het elke item geniet.Wat n voorreg was dit om soveel talent te ervaar .Die tannie met die rooi serp is my ma sy is verskriklik lief vir sang en sy is 83 jr oud sing al vanaf 12 jr in die kerkkoor sy se die gees is nog baie gewillig maar die stem is nie altyd so goed .Ons is nou gesore: Bekoor aanhangers .Was dit nou vir my lekker om Jan en die ander ook te ontmoet ,nog maals dankie ons sien uit na volgende jaar .as dit die wil van die Vader is ,goed gaan en mooi bly

Doreen Williams (heel links) saam met haar Kylemore-mense wat die Be-koor konsert bygewoon het. Voor van links na regs is Doreen, Sonia Boonzaaier, Gery Theron en Georgina Adams (83, Doreen se ma). Middel is Rudolph Williams, Dorothy Abrahams, Mary Adonis en Lorriane Williams. Agter is Jan Greyling en Richard Boonzaaier .