Liedjieboerrumoer op Bob Dylan-musiek


Die gewilde Liedjieboerrumoer is terug op RSG vir nog ‘n seisoen

Die reeks het op 3 April afgeskop. Vanaand is die tweede episode.

Dié keer neem Anton Goosen ons op ‘n musikale reis deur die musiek van Bob Dylan- vanaf sy bewondering vir Woody Guthrie in Hibbing Minnesota tot die Nobelprys in Swede. ‘n 13 -episode oorsig met die werk van die grootste en mees invloedryke liedjieskrywer van alle tye deur Dylan self asook vele ander kunstenaars wat uit sy verskeie genres  gedelf het.

Anton skryf: “In ‘n reeks van 13 is dit nie moontlik om die totale oevre van Dylan se werk en invloed volledig vas te vang nie (daarvoor het ‘n mens 52 episodes nodig!) maar in dié reeks kyk ons o.a. na die verkillende stadiums en fassette van dat Dylan in New York aangekom het en die stem van ‘n generasie van die sestigs se protes geword het, sy ontrekking na die motorfiets ongeluk en die basement tapes, sy hertoetrede tot toere (en die “never ending tour), sy religieeuse tyd ,  sy skryf, sweis en skilder, die 2000’s en sy Americana songbook en die Nobelprys. Hy het meer as 500 liedjies geskryf en ten minste 482 en meer bekende kunstenaars het van sy werk opgeneem. Springsteen het gesê “it was like kicking open the door to my mind”, stukkies van sy persoonlike lewe, Kristofferson noem hom die mees invloedryke singer songwriter van all tye en Leonard Cohen het by die Nobelprys-toekenning gesê “its like pinning a flag on Mount Everest as the highest”.

Persoonlik is Dylan se werk vir my soos die John Steinbeck van musiek, ‘n Michelangelo, die een wat buite staan en beter is as al die ander  en hul beinvloed. Hy en sy werk is vandag steeds net so relevant as in die sestigs. Tyd het dit bewys.”