Lank gelede: Van briefie aan Anton Hartman tot stadsaal kaartjie


Deur Tharien Oosthuizen

Met my program, Só MAAK MENS MUSIEK, wat handel oor die verskillende instrumente wat in die Simfonie orkes speel, hoe hulle werk en wat elkeen se besondere kenmerke is, kry ek baie terugvoer van luisteraars. Een van hierdie briewe, wat my vreeslik geraak het, was die brief wat Mike O’Connell vir my geskryf het:

”Hi Tharien

Noudat jy ‘n program het waarin jy musiekinstrumente beskryf, het ek gedink om die geleentheid te deel wat ek gehad het om musiekinstrumente te beskryf.

As kind het die SAUK se Simfonie Orkes  besoek by skole afgelê. So ‘n geleentheid het ons skool ook te beurt geval en was ek deur my onderwyseres gevra om ‘n opstel te skryf wat sy aan Anton Hartman, die dirigent, wou stuur.

Die opstel was toe deur ons skoolhoof, mnr. Venter, aan Anton gestuur. Hy het op sy beurt teruggeskryf en ook vir my ‘n kaartjie gestuur om ‘n uitvoering van die orkes in die Johannesburgse Stadsaal by te woon.

Dit was natuurlik ‘n baie meer besonderse uitvoering want daar is darem ‘n verskil tussen ‘n skoolsaal en die stadsaal.

Ek sluit hierby in ‘n afskrif van my opstel, asook die korrespondensie tussen
Anton, die skoolhoof en myself.

Die opstel was nog geskryf met pen en ink….daardie dae was daar nog nie balpuntpenne nie.

Ek is vandag 64 Jaar oud.

Groete.

Mike.”

Mike O'Connell, vandag op 64. Hy het 54 jaar gelede die opstel oor die instrumente in 'n simfonie-orkes geskryf.

Mike O’Connell, vandag op 64. Hy het 54 jaar gelede die opstel oor die instrumente in ‘n simfonie-orkes geskryf.

Die opstel wat Mike O'Connell as 10-jarige seun oor die instrumente in 'n simfonie-orkes geskryf het. Die opstel het gelei tot 'n uitndoging deur Anton Hartman aan die seun om 'n uitvoering deur die SAUK simfonie-orkes in die Johannesburgse Stadsaal by te woon. Alles het 54 jaar gelede gebeur.

Die opstel wat Mike O’Connell as 10-jarige seun oor die instrumente in ‘n simfonie-orkes geskryf het. Die opstel het gelei tot ‘n uitndoging deur Anton Hartman aan die seun om ‘n uitvoering deur die SAUK simfonie-orkes in die Johannesburgse Stadsaal by te woon. Alles het 54 jaar gelede gebeur.

Hier is die oorspronklike opstel in PDF formaat.
Hier is die brief van Anton Hartman aan die skoolhoof: SAUK1
Hier is die brief van Anton Hartman aan die seun Johannes O’Connel (Mike): SAUK2

Só MAAK MENS MUSIEK word op ‘n Sondagoggend om 10:00 uitgesaai.