Nuut op ‘n Maandagaand: Musiek en Liriek reeks


willem-pelser-1-largeMaandagaand 4 Julie net na die 21:00 nuus, begin ‘n nuwe musiekreeks wat Willem Pelser vir jou saamstel en aanbied : Musiek & Liriek….maar, dis nie wat jy dink dit is nie. Lees hier wat Willem te sê het.

Met my betrokkenheid by klassieke musiek kom ‘n mens gou agter dat dit die komponis is wat die aandag geniet en nie altyd noodwendig die solis of ensemble of orkes wat die werk uitvoer nie.

Byvoorbeeld, as ek vir jou sê: “Ons het pas geluister na die Maanligsonate deur Ludwig van Beethoven. So terloops, dis uitgevoer deur Murray Peraiha.”

Luister na die voorsmakie van die program:

In moderne musiek is dit net mooi andersom. Ek sal ‘n liedjie aankondig deur te sê: “Wat ‘n groot treffer van Meatloaf! ‘I’ll do anything for love.’ So terloops, dis geskryf deur Jim Steinman.”

Jim Steinman

Jim Steinman

Jy sien! Met moderne musiek wil ons weet wie het die liedjie gesing en min van ons gee om of stel belang in wie dit geskryf het. As jy wil weet wie verantwoordelik is vir ‘n treffer, moet jy die CD- boekie oopblaai en êrens in die kleinste skrif denkbaar langs die liedjie, sal die skrywer se naam wees.

Met die reeks wil ek sake bietjie regstel.

Ek wil erkenning gee aan die grootste liedjieskrywers van ons tyd. Ek wil daardie klein skrif vat en dit onder die vergrootglas sit, sodat ons weet waar kom ons gunsteling treffers vandaan. Want ja, die sanger of groep moet dit vertolk, maar êrens is iemand geïnspireer om in die eerste plek daaroor te skryf en dieselfde persoon of ‘n ander persoon is op sy of haar beurt geïnspireer om dit te toonset.

Ons gaan luister na musiek deur onder andere Lennon en McCartney, Albert Hammond, die Gibb-broers, Mutt Lange en Diane Warren. Dan sal daar ook ‘n spesiale episode wees gewy aan Suid- Afrikaanse liedjieskrywers.

Gerry Goffin en Carole Kind in 1959

Gerry Goffin en Carole Kind in 1959

Nicky Chinn en Mike Chapman

Nicky Chinn en Mike Chapman

Simon en Garfunkel

Simon en Garfunkel

Koos du Plessis

Koos du Plessis

 

Kategorieë