Ontmoet Ronnie Samaai


indexWie is Ronnie Samaai?, het sommige luisteraars nuuskierig uitgevra toe RSG onlangs die eerste programme in die reeks Ronnie se Goed uitgesaai het.

Ronnie se Goed is ‘n reeks van 13 programme waarin ons bekendes vra om hulle geliefde musiekgoed voor te speel Sondagmiddae 12:00 – 13:00.  Ná Ronnie se Goed se 13 programme, gaan ons aanbeweeg na ‘n ander baie bekende en knap musiekman, maar meer daaroor nader aan die tyd.

Ronnie Samaai kom van ‘n baie bekende en talentvolle familie in die Paarl. In die skadu van die Paarlberg het die sewe Samaai-broers hulle merk op die Suid-Afrikaanse landskap van onder meer onderwys, musiek en sport gelaat.

Jy kan gerus na die dokumentêr luister luister en meer uitvind oor Ronnie en die Samaai-familie, in ‘n program wat Martelize Brink so ‘n jaar of 3 gelede oor hulle gemaak het.