Luister: Pretty Yende gesels

Luister: Pretty Yende gesels


Die Suid-Afrikaanse sopraan wat met haar mooi kolloratuurstem die gehore in Europa en Amerika gaande het, het in die RSG-ateljee gekuier. Sy was Sondagaand die gas op Dis Opera, wat deur Wouter de Wet aangebied word.

Magdaleen Kruger, bestuurder van RSG, skryf só oor haar besoek:
“‘n Moderne feëverhaal. Dit is hoe die Suid-Afrikaanse wêreldbekende sopraan Pretty Yende se opera-verhaal beskryf word. Die beroemde tenoor en dirigent Placido Domingo sê van Pretty Yende: ‘Sy het ‘n buitengewoon pragtige stem met ‘n fenomenale tegniek en helder die verhoog op met haar charisma’.

Hierdie charisma het ek en Wouter de Wet die afgelope week ervaar toe Pretty Yende RSG besoek het vir ‘n onderhoud met Wouter, RSG se samesteller en aanbieder van Dis Opera. Wat ‘n mooi en vriendelike mens!  Plat op die aarde en nog platter toe sy haar uitermate hoë spykerhakskoene in my kantoor uitskop, sodat sy nie bo my en Wouter uittroon op die foto nie. Pretty is tans in Suid-Afrika om haar heel eerste CD, A Journey, te bemark.

Luister hier na haar die gesprek in Dis Opera met Wouter. Hy het ook snitte van die CD gespeel.
En hier is die onderhoude wat Wouter in November 2013 gedoen het toe sy in Milaan was.

Pretty Yende en Wouter de Wet, toe sy in die RSG-ateljee was.

Pretty Yende en Wouter de Wet, toe sy in die RSG-ateljee was vir die opname van die program, Dis Opera.

Pretty saam met Magdaleen Kruger, die bestuurder van RSG.

Pretty saam met Magdaleen Kruger, die bestuurder van RSG.

fullsizerender

Volgende Sondagaand in Dis Opera, bring Wouter hulde aan Johan Botha, die groot Suid-Afrikaanse tenoor wat Donderdagoggend op 51-jarige ouderdom, in Wene gesterf het.

Kategorieë