SA tenoor, Johan Botha (51), sterf in Wene

SA tenoor, Johan Botha (51), sterf in Wene


Johan Botha1screen-shot-2016-09-08-at-2-00-31-pmHuldeblyke stroom van die oor die wêreld in ná die dood van Johan Botha.

Die Weense Staatsoper het ‘n swart vlag gehys en Saterdag se uitvoering van Turandot aan hom opgedra.

Die wêreld het een van sy top tenore verloor met die dood van die Suid-Afrikaanse gebore operasanger, Johan Botha. Hy is by sy huis in Wene in Oostenryk oorlede. Die 51-jarige Botha het goeie vordering getoon nadat hy ‘n jaar gelede met lewerkanker gediagnoseer is.

Hy het sewe maande lank hom onttrek aan optredes terwyl hy behandeling ondergaan het, en het in Junie weer na die operaverhoog teruggekeer en aanhangers het gehoop dit is die begin van nog baie jare van sang van dié tenoor.

Hy het verlede maand ‘n reeks konserte in Suid-Afrika vir die Kankervereniging gehou het. Twee van die konserte in Gauteng moes egter gekanselleer word nadat Botha ‘n terugslag gehad het. Hy is aan nierversaking oorlede. Die laaste lied wat hy op ‘n verhoog gesing het, was Heimweë van S le Roux Marais in die Endler op Stellenbosch, tydens sy konsert op 16 Augustus.

Johan Botha met Charl van Heyniging met sy laaste konsert op 16 Augustus.

Johan Botha met Charl van Heyniging met sy laaste konsert op 16 Augustus.

Hy laat sy vrou Sonja en seuns Marius en Louis agter. Geen besonderhede oor gedenkdienste is nog bekend nie.

Die 51-jarige Botha was een van die voorste internasionale tenore en het in al die bekende operahuise in die wêreld opgetree.

Prins Charles gesels met Johan Botha.

Prins Charles gesels met Johan Botha.

00000015_2Verskeie rolspelers in die musiek- en kunstebedryf het hulde gebring aan die Suid-Afrikaans-gebore tenoor Johan Botha wat by sy huis in Wene in Oostenryk oorlede is. Hy was 51. Botha was onlangs in Suid-Afrika vir ‘n reeks konserte, maar die Gauteng-konserte moes afgestel word weens Botha se ongesteldheid. Die uitvoerende direkteur van die Kaapstadse Filharmoniese Orkes, Louis Heyneman het die konsert in Kaapstad as ‘n triomf beskryf.

Johan Botha was internasionaal gereken as een die beste Wagner-tenore en het ‘n uiters suksesvolle loopbaan as dramatiese tenoor gehad. Hy het onder meer hoofrolle in groot Wagner en Verdi-operas in die wêreld se grootste operahuise gesing, onder die beste dirigente.
Hier sing Johan die bekende aria uit Lohengrin: In fernem land

Hier sing hy O Holy Night in ‘n gemeenskapskerk in Wenen in 2011.

Die foto van Johan by Raymond en Wendy Ackermann is tydens sy besoek aan Kaapstad in Augustus geneem.

Dié foto van Johan by Raymond en Wendy Ackermann is tydens sy besoek aan Kaapstad in Augustus geneem.

Foto’s van Johan tydens sy optredes

Indrukwekkend in ‘n indrukwekkende produksie van Tannhauser in die Met, in die moeilike rol wat hy verstommend maklik laat klink het.

Indrukwekkend in ‘n indrukwekkende produksie van Tannhauser in die Met, in die moeilike rol wat hy verstommend maklik laat klink het.

Annette Dasch as Eva en Johan Botha as Walther in Wagner se Die Meistersinger von Nürnberg. Photo: Ken Howard/Metropolitan Opera

Annette Dasch as Eva en Johan Botha as Walther in Wagner se Die Meistersinger von Nürnberg.
Photo: Ken Howard/Metropolitan Opera

JB2 026

Die foto van Johan by Raymond en Wendy Ackermann is tydens sy besoek aan Kaapstad in Augustus geneem.

Die foto van Johan by Raymond en Wendy Ackermann is tydens sy besoek aan Kaapstad in Augustus geneem.

JB4

075 076

Meer oor Johan Botha en sy groot loopbaan

Hier is ‘n uittreksel van sy webblad http://www.johan-botha.com/biography.php?lang=en

“Johan Botha belongs to the most important singers of our time and performs continuously at the most important opera houses, concert halls and festivals worldwide.

The South African Tenor studied in his native country and made his debut in Roodeport, before moving to Europe in 1990, where his international career quickly developed after first engagements in Germany. Amongst other venues he performed at the opera houses in Berlin, the state operas in Dresden, Hamburg and Munich, at the Gran Teatro del Liceu, at the Lyric Opera Chicago, at the Royal Opera House Covent Garden, in Los Angeles, San Francisco, at the Teatro alla Scala, at the Opéra Bastille and the Théâtre Châtelet in Paris, in Sydney and at the Salzburger Festspiele.

Since 1997, he regularly performs at the Metropolitan Opera and since his debut in 1996, he is strongly connected with the Wiener Staatsoper, where he sang, amongst other roles, Strauss’ Ariadne auf Naxos, Daphne and Frau ohne Schatten, Mascagni’s Cavalleria Rusticana and Leoncavallo’s Pagliacci, Verdi’s Don Carlo, Vespri Siciliani, Aida and Otello, Beethoven’s Fidelio, Wagner’s Lohengrin, Parsifal, Die Walküre, Meistersinger von Nürnberg, Der fliegende Holländer and Tannhäuser, Puccini’s Tosca and Turandot. In summer 2010 Johan Botha made his debut at the Bayreuth Festival in the role of Siegmund under the baton of Christian Thielemann. A few years later he returned in the same role for the new production of Der Ring des Nibelungen under the baton of Kirill Petrenko (2013-2015).

Apart from his opera appearances, he regularly sings at concerts all over the world and collaborates with the most prestigious conductors, such as Abbado, Barenboim, Boulez, Bychkov, de Billy, Dohnany, Gatti, Gergiev, Jansons, Levine, Maazel, Pappano, Petrenko, Sinopoli, Solti, Welser-Möst, Thielemann, Weigle, Young and many others.

In 2004 Johan Botha was awarded with the title of “Kammersänger”. In June 2012 he was appointed ambassador of the Blue-Shield-Foundation.

There exists a rich number of CD and DVD recordings, such as complete recordings of Lohengrin, Meistersinger, Walküre, Parsifal, Aida, Otello, Turandot, Daphne and various solo albums.

Só berig  die Washington Post oor sy dood.

Lees meer oor Johan Botha: https://en.wikipedia.org/wiki/Johan_Botha_(tenor)

Kategorieë