Só maak RSG se mense self musiek


Kyk, sommige mense is gemaak om op die verhoog te wees en ander te vermaak. En of dit nou lei tot die dawerende applous van ‘n waarderende gehoor of die gelag van ‘n gehoor wat sake amusant vind, maak nie eintlik ‘n verskil nie.

Tharien Oosthuizen (links) met die viool en Magdaleen Kruger (regs) met die bekfluitjie.

Tharien Oosthuizen (links) met die viool en Magdaleen Kruger (regs) met die bekfluitjie.

Met elke verjaarsdag van ‘n personeellid van RSG, word daar Happy Birthday en I wish you a merry Christmas (al is dit Maart) gesing, met Magdaleen Kruger, stasiebestuurder van RSG, gewoonlik voor in die koor. Maar toe besluit Magdaleen die volgende verjaarsdagmense sal getrakteer word met ‘n instrumentale weergawe van Happy Birthday. Toe omroeper Mariëtta Kruger en Janine Kerspuy, persoonlik assistent vir Magdaleen, dus verjaar, ruk Magdaleen haar bekfluitjie uit en Tharien Oosthuizen, musieksamesteller, moes viool speel.
Luister en kyk hier hoe maak RSG se mense self musiek.

Sommer interessantheidshalwe: Talentvolle Tharien bespeel ook die orrel en die klavier.