U eie keuse word 70!


Die oudste program op Suid- Afrikaanse radio U Eie Keuse is hierdie maand ‘n volle 70 jaar oud. Die eerste uitsending was op Saterdag 20 Okotber 1945 en is behartig deur Kosie Jooste.

Op Saterdag 24 Oktober 2015 kan jy luister na ‘n spesiale verjaardagprogram saamgestel deur die huidige aanbieder, Willem Pelser. Van die luisteraars gaan eerstehands hul ervaring van die program deel, jy kan luister na van die gunsteling versoeke van die afgelope paar jaar en ‘n paar bekende stemme van die verlede sal ook gehoor kan word.

Kyk na die video waar Willem Pelser meer vertel oor die spesiale program.

Kom hou saam U eie Keuse-verjaardag en luister Saterdagaand 20:00 na U eie Keuse op RSG.

Willem Pelser agter die mikrofoon met U eie keuse

Willem Pelser agter die mikrofoon met U eie keuse

Kategorieë