Besoek CapeNature reservate


Baie RSG-luisteraars het gebruik gemaak van Cape Nature se aanbod van gratis toegang van 21 tot 27 September, maar onthou, julle is welkom om enige dag van die jaar die natuurlewe by enige van Cape Nature se reservate te kom geniet.

As deel van ons Erfenis- en Toerismedag-vieringe, het ons die publiek genooi om van 21 tot 27 September gratis toegang tot ons natuurreservate te geniet. (Erfenisdag is Donderdag 24 September en Wêreld-toerismedag is Sondag 27 September, maar ons vier alles sommer ‘n week lank.) Maar dit was nie al nie, besoekers kan ook kosteloos van ons aktiwiteite ervaar.

Ons hoop elkeen wat van dié aanbod gebruik gemaak het, het die dag geniet. Dit wil so voorkom uit die goeie reaksie wat ons ontvang het.

Meer inligting oor Cape Nature reservate

Stony-Point-Web-4
Spandeer die dag tussen Stony Point se pikkewynkolonie, besoek De Hoop om die walvisse te verwelkom, durf een van ons verskeie staproetes aan wat die reservate deurkruis of kom aanskou ’n verskeideheid dier- en voëllewe. Bring jou bergfiets, kano of ’n piekniekmandjie en keer terug na jouself deur weer nader aan die natuur en jou erfenis te beweeg.

(Kliek hier vir ons keuse van die Top 5 reservate om te besoek.)

Besoek CapeNature by www.capenature.co.za vir meer inligting, of skakel 021 483 0191 vir navrae oor die spesiale geleentheid.

CapeNature is toegewy om die ryk biodiversiteitskat van die Wes-Kaap te bewaar en te bevorder en ons wil hê dat jy hierdie maand dié rykdom moet kom ervaar!

Klik op die skakels hieronder vir meer inligting oor ons reservate:

Hier is ‘n paar foto’s om jou ‘n voorsmakie te gee van enkele van die parkgebiede:

In die Sederberge

In die Sederberge

 

By Stony Point

By Stony Point

 

In die Limietberge naby Paarl en Worcester

In die Limietberge naby Paarl en Worcester

 

By Keurbooms

By Keurbooms