Bane, die stropershond word reddingshond


Bane is deur stropers opgelei om wild uit te snuffel. Bane was nog ‘n 3 – 4 maande het agtergebly in ‘n verlate huis en verwaarloos. Hy was vol bosluise en beserings en in ‘n swak toestand. Hy moes hom uitsit, maar toe besluit Chrisjan Visser, verbonde aan ‘n antistropingsonderneming, om hom te red. Chrisjan is in Hoedspruit gesetel, maar doen opleiding ook in ander plekke in die land.

Chrisjan het Bane, ‘n basterhond, ingeneem en versorg en hom toe opgelei as reddingshond. Hy het almal saam met wie hy al opleiding en werk gedoen het, aangenaam verras, sê Chrisjan. Bane is nou opgelei om renosterstropers op te spoor.

Bane is ook nie sommerso nie. Hy het in ‘n bytwerk-kompetisie in die Kaap ‘n 2 de plek gekry tussen opregte werkshonde (Alsations, Malinois, Doberman, Rottweilers).