Derrich kuier in die Overberg

Derrich kuier in die Overberg


DerrichDerrich het onlangs die voorreg gehad om Bredasdorp en omgewing te besoek midde goudgeel kanolalande.

Derrich vertel:

“Dis fynbostyd en die bye vlieg met emmertjies rond so baie stuifmeel is daar.

blom4Die Cape Floral Kingdom ekspo was ook aan, waar plantspesies, versamel oor honderde vierkante-kilometer, op massa uitgestal word.

Dit gee mens ‘n oorsig van die plantegroei wat beskikbaar is, sonder om berge hoef te klim of kilometers hoef te stap (dit doen mens mos reeds) om als te sien.

Fynbos en proteas is steeds gesog in die buiteland en al hoe meer in Suid-Afrika.

AbdulTydens die ekspo loop ek toe vir Abdula Hartle (foto regs) raak, wat my summier nader trek en sê hy luister net RSG en vertel dadelik van sy organiese groentetuin (ook foto onder).

groenteIn gietende reën noem hy dat hier geen gif gebruik word nie en dat als omgewingsvriendelik is. Die oes word aan plaaslike koshuise en instansies verskaf.

Ons ruil raad uit oor plantluise en hoe om die miere te takel wat hulle aandra. Gelukkig was daar darem tyd vir ‘n vinnige foto.

PoeksieTerug by die blomme loop ek toe in Poeksie Diedericks (foto links) vas wat die blomme verskriklik geniet. Sy sit voor massas speldekussings.

blomhoedKunstenaars en ontwerpers het selfs blomhoede uitgestal (foto regs.)

Leerders van die Pionierskool in Worcester, hoor my praat en voor ek weet, kuier ons saam oor hoe hulle Brekfis met Derrich geniet.

Sarel van der Westhuizen deel ons passie vir musiek met ‘n goeie kennis oor die “golden oldies”.

Saam Juffrou Susan Goosen, het Sarel en John Salie en Sineleth Myanda by die voel-stalletjie van proteas, fynbos en lewendige reptiele bekyk en beruik.Sarel het belowe om sy Vat 5 deur te stuur en ek sien uit om hom op Brekfis te hoor.

Derrich saam leerders: Susan Goosen (juffrou links), Sarel van der Westhuyzen (bruin baadjie), John Salie (regs voor) Sineleth Nyanda (staan agter).

Derrich saam leerders: Susan Goosen (juffrou links), Sarel van der Westhuyzen (bruin baadjie), John Salie (regs voor)
Sineleth Nyanda (staan agter).

Kyk net hoe mooi is die fynbos-blomme

blom5

blom3

blom2

 

 

 

image005

image008