Reis na Maleisië: dele 1 & 2


malaysia-world-mapMaleisië word dikwels voorgehou as ‘n land met suksesmodelle op vele terreine byvoorbeed hoe mense uit verskillende kulture en agtergronde in harmonie kan saamleef en by te dra tot ‘n gesonde ekonomie.   Maar dit is ook ‘n baie mooi en moderne land, soos Terrance April weer bevestig na sy onlangse besoek saam met ‘n groep joernaliste.  Hy het die geure en kleure van dié Suidoos-Asiese land kon ervaar en deel dit met ons op Reis Sonder Grense, wat Saterdagoggende van 10:00 tot 11:30 uitgesaai word.

Die reis het gewissel van besoeke aan die mees moderne geboue tot ‘n tog in die reënwoud.

Die diversiteit in kultuur maak die land een van die interessantste plekke om te besoek, waar omtrent elke sintuig van die besoeker voortdurend geprikkel word.

In die eerste episode kom Terrance aan op die indrukwekkende Kuala Lumpur Internasionale Lugawe, besoek die regeringsvoorstad, Putrajaya, en eet ‘n happie of twee van die oorweldigende Oosterse kos!

Luister hier na die eerste episode in die reeks.

Luister hier na die tweede episode in die reeks.

n Uitsig oor ‘n plattelandse landskap in die staat/provinsie, Kedah in Maleisië waar Terrance onlangs besoek afgelê het.

n Uitsig oor ‘n plattelandse landskap in die staat/provinsie, Kedah in Maleisië waar Terrance onlangs besoek afgelê het.

Een van die hoogtepunte van die besoek aan Maleisië was die uitstappie na die uitgrawings in Kedah wat oorblyfsels van een van die oudste beskwaings op aarde bevat.

Een van die hoogtepunte van die besoek aan Maleisië was die uitstappie na die uitgrawings in Kedah wat oorblyfsels van een van die oudste beskwaings op aarde bevat.

Uitgrawings in die staat/provinsie van Kedah in Maleisië getuig van ‘n beskawing in daardie gebied wat selfs ouer is as dié van die Romeine en Grieke.

Uitgrawings in die staat/provinsie van Kedah in Maleisië getuig van ‘n beskawing in daardie gebied wat selfs ouer is as dié van die Romeine en Grieke.

En die groep joernaliste uit alle dele wêreld, insluitend Suid-Afrika, het die besonderse argeologiese gebied besoek.

En die groep joernaliste uit alle dele wêreld, insluitend Suid-Afrika, het die besonderse argeologiese gebied besoek.

 

Die reënwoude van Maleisië slaan enige besoeker se asem weg.

Die reënwoude van Maleisië slaan enige besoeker se asem weg.

Die hout van die boom in die reënwoude van Maleisië is baie hard en baie geskik vir die maak van rvierbote.

Die hout van die boom in die reënwoude van Maleisië is baie hard en baie geskik vir die maak van rvierbote.

Tydens Terrance se besoek, is die fees van lig, Deepavali in Maleisië gevier en gaste uit alle dele van die wêreld het spesiaal vir die geleentheid hulself opgetooi.

Tydens Terrance se besoek, is die fees van lig, Deepavali in Maleisië gevier en gaste uit alle dele van die wêreld het spesiaal vir die geleentheid hulself opgetooi.

En Terrance (middel) het ook nie op hom laat wag nie!

En Terrance (middel) het ook nie op hom laat wag nie!

Die pienk moskee, net links van die Eerste Minister se kantoor in Purajaya – ‘n moskee waar enige besoeker welkom is om te besigtig

Die pienk moskee, net links van die Eerste Minister se kantoor in Putrajaya – ‘n moskee waar enige besoeker welkom is om te besigtig

Die kantore van die Eerste Minister is indrukwekkend.

Die kantore van die Eerste Minister, in Putrayaja, die voorstad van Kuala Lumpur wat die regeringsetel huisves, is indrukwekkend.

Maleisië is bekend vir die verskeidenheid van kossoorte.

Maleisië is bekend vir die verskeidenheid van kossoorte.

Die groepie joernaliste uit Suid-Afrka, waaronder Terrance April, wat Maleisië besoek het.

Die groepie joernaliste uit Suid-Afrka, waaronder Terrance April, wat Maleisië besoek het.

n Groot groep joernaliste van dwarsoor die wêreld het op Maleisië toegesak vir ‘n toerisme indaba in die staat Kedah.

n Groot groep joernaliste van dwarsoor die wêreld het op Maleisië toegesak vir ‘n toerisme indaba in die staat Kedah.

Lees meer in Deel 3.