Die troeteldiere van Mostert 16


Omtrent al die personeel in die Johannesburgkantoor weet van Mostert 16 se manewales – as dit nie die twee tienerseuns is nie, is dit die vier honde.  Ja, dis reg – vier van hulle en hulle wissel in grootte.  Louise Jooste, bemarkingsbestuurder van RSG en haar man Lawrence, het van vroeg in hul kinders se lewens, hulle bekend gestel aan troeteldiere. Troeteldiere gee kinders ‘n ekstra vriend, leer hulle om liefde en omgee uit te leef, en leer hulle ook verantwoordelikheid deur te sorg vir vars kos en water en klein takies.

8 Jaar gelede: die koms van Gina en Jackie

Jackie so pas terug van die veearts en effe ingetoë.

So met die jare het die seuns elkeen ‘n hond gekry.  Reece (17 jaar oud) het self vir Gina, ‘n kruis-Labrador haar naam gegee, en Dylan (12 jaar oud) het besluit om sy Jack Russel sommer Jackie te noem.

Gina lê altyd en eet.

Die twee dames het so saam-saam 8 jaar gelede by die huisgesin aangesluit.

Gina se kenmerk is dat sy van kleins af met haar bak kos tussen haar voorpote le en eet en grom vir die ander honde as hulle dit naby haar kosbak waag!

Jackie, wel…. is ‘n tipiese Jack Russel – baie energiek en vang gereeld duiwe – sy probeer selfs die Hadidas uit die erf kry, maar hulle is bietjie groot vir haar.

7 Jaar gelede: Milo sluit by ons aan

Milo op die dag van sy aankoms by Mostert 16.

‘n Jaar later het pa Lawrence besluit hy soek ‘n Rotweiller omdat hy as kind een gehad het, en om sommer ook as ‘n afskrikmiddel te dien en so het Milo aangesluit as die enigste reun.

Milo hou glad nie van vreemde honde of mense wat verby die huis se hek loop nie, en met sy groot beerlyf en oorverdowende blaf, spring hy gereeld teen die hek op en wys wie’s baas van die plaas.

Hy hou baie daarvan as sy kop gevryf word en spring op teen die kinders om te wys hoe lief hy hulle ook het.

En 18 maande gelede: piepklein Amy

Amy op haar eerste dag by die Joostes

Sowat 18 maande gelede het die babatjie by die Jooste-gesin aangesluit.  ‘n Mini Doberman Pincher wat in my handpalm gepas het toe ons Amy op 6 weke gekoop het.

Amy is baie bederf en baie jaloers, maar ook liefdevol teenoor haar honde broer en susters.  Alhoewel sy haar eie pienk bedjie het, kruip sy gereeld onder die komberse in elke aand.

Dylan en Amy rus ‘n bietjie

Nogal ‘n handvol

Die kruidenierstrollie raak swaar met die 50kg hondekos elke maand, maar dis belangrik om goeie gehalte voeding vir jou troeteldiere te gee.

Dit hou hulle gevoed, gesond en maak die skoonmaak ook makliker.

Ons vier honde word ook elke jaar in Oktober ingeënt en ontwurm.  Die twee kleiner hondjies word gereeld gebad, en die twee groter honde word nou en dan met ‘n mobiele ‘doggy parlour’ bederf.

Louise se wenke vir ander troeteldier-eienaars

1. Gee vir jou troeteldiere die beste troeteldier-kos wat jy kan bekostig.
2. Laat hulle gereeld inent teen die siektes waarteen hulle gevaksineer moet word.
3. Laat die kinders help met takies om die diere te versorg.
4. Bad of ‘groom’ jou diere gereeld – dus hou hulle skoon en versorg.

Troeteldiere video_Dylan gee treats

Reece en Milo

Dylan en Milo gee mekaar ‘n drukkie en Gina is in die agtergrond.

Milo is ‘n bul van ‘n dier

Amy en Jackie is na aan mekaar.

Een van die min kere dat Jackie stilsit

Milo die Rottweiler

Amy in haar pienk bed

Amy en Jackie al te lekker voor die kaggel die afgelope winter.