Janine: maak seker jy kan ‘n troeteldier bekostig


RSG se personeel is passievol oor hul viervoetige ‘kinders’. In dié kort reeks deel die RSG troeteldier-eienaars hul beste wenke met ander troeteldier-eienaars, en natuurlik ontmoet ons hul troetelkinders.

Janine en Maya

Janine Kerspuy is Magdaleen Kruger, stasiebestuurder van RSG, se regterhand as haar PA. Sy is ‘n raakvatter en staatmaker. Sy stel ons aan hulle voor en deel haar wenke:

“Ek het n schnauzer  en haar naam is Maya. Sy is ’n klein hond en was ‘n geskenk van my moeder want sy het self een. Hom naam is Macho. Dit was die beste geskenk ooit vir my en my seun, Tyrick. Maya is soos my dogtertjie, en Tyrick se sussie.

“Dit het vir Tyrick baie meer verantwoordelik gemaak en Maya verseker dat Tyrick ook meer buite moet speel en nie net playstation.

“En net soos Maya my stressvlakke verlaag, netso kan sy my bloeddruk opstoot as sy met al die gras in die huis kom.

“Sy is ‘n groot plesier vir ons en ook vir my ma-hulle, want ons vat haar gereeld soontoe om met Macho te speel.

Janine se wenk vir troeteldier-eienaars

Maak doodseker jy kan ‘n troeteldier bekostig; goeie kos vir hulle is nie goedkoop en as hulle siek raak, kan dit baie duur wees.

Maya. Wie kan nie só gesiggie liefkry nie?

As Maya buite gespeel het, is die lyfie vol gras!

Maya in Janine se arms