Nuwe, veiliger haainette nou by Vishoek


Lieze Swart vertel vir Johan Rademan van haainette, uitsluitingsnette en ander metodes waarmee haaie en baaiers uit mekaar gehou word.

Só verskil die nuwe soort haai-uitsluitingsnette van die tradisionele haainette:

‘n Haai naby ‘n Kaapse strande

Agtergrond-inligting oor die haai uitsluitingsnet
Die Departement Omgewingsake het groot insae gehad in die ontwikkeling van die nuwe nette en het baie van die tegniese en wetenskaplike informasie aangebied toe die net aantvanklik ontwerp was. Dit is op 1 Oktober 2016 die eerste keer ontplooi. Die fondse word verskaf deur die stad Kaapstad sport en ontspannings geriewe-afdeling en word op ‘n daaglikse basis deur die Shark Spotters in Muizenberg bestuur.

Die haai uitsluitingsnet in Vishoek is spesifiek daar geplaas omdat Vishoek een van die gewildste strande in vakansietye is. Vishoek is ook meestal beskerm van die heersende wind en seestrome.

Die net is 350 meter lank en is van ‘n hoë-digtheid poliëtileen tou gemaak en wissel van 1-6 meter wat die kontoer van die seebodem volg. Daar is ‘n bokant is ‘n drywende lyn en die onderste lyn het lood in om te verseker dat daar ‘n totale versperring van die seebodem tot by die oppervlak is.

Die net word op ‘n waentjie na die water gesleep.

Die net word daagliks met die hulp van ‘n klein bootjie deur 10 manne ontplooi en weer gehaal. Dit neem sowat ‘n uurlank om die net te ontplooi en weer in te haal.

Die aflaai en ontplooiing het begin.

Die grootste rede hoekom dit daagliks weer uitgehaal word, is om die risiko te verminder dat seediere soos walvis, dolfyn en seevoëls daarin verstrengel kan raak. Die risiko is snags hoër wanneer seediere die net dalk nie so maklik kan sien nie.

Die net word ontplooi en met die klein bootjie die see ingesleep.

Gedurende die dag is daar natuurlik die Shark spotters. As ‘n walvis te naby aan die net kom, sal hulle ‘n span van SAWDN laat weet om by te staan. Hulle sal aktief probeer om die walvis te probeer keer om verstrengel te raak. Die metode is standaard prosedure vir SAWDN wat ook aan internasionale vereistes voldoen.

Die twee punte van die net word op land ge-anker.

Wat ‘n uitsluitingsnet so uniek maak, is dat visse nie daarin verstrengel raak nie. ‘n Gewone visnet se net-opening is diamantvormig as jy horisontaal daarna kyk. As ‘n vis of haai daarin vasswem; haak dit gewoonlik aan hul kiewe en piktorale vinne vas, hulle raak verstrengel en vrek. Die uitsluitingsnet is gedraai sodat die net-opening vierkantig is as jy dit horisontaal hou. Visse of haaie raak nie verstrengel nie.

Haainette in Kawzulu-Natal is ook nie heeltemal tot teen die bodem nie. Haaie wat daarin gevang word, is dikwels reeds oppad terug groot see toe wanneer hulle wel gevang word. Die uitsluitingsnet bied ‘n versperring vanaf die bodem tot by die oppervlak; dus kan geen seedier daardeur swem nie.

Die uitsluitingsnet sal van November tot Maart daagliks in Vishoek ontplooi word, asook in April oor naweke en publieke vakansiedae. Vakansiegangers kan dus met ‘n geruste hart die vakansie by Vishoek gaan swem. Die net kan nie in stormweer ontplooi word nie, maar dit is dan ook nie ideale swemtoestande nie.

Die Shark Spotters wat met verskillende vlae die publiek waarsku as daar haaie in die water is, gaan die vakansie by verskeie strande aan diens wees van 8:00 vm tot 18:00 saans. Die strande is Muizenberg, St James/Kalkbaai, Vishoek, Kogelbaai, Grottostrand, Noordhoek aan die Chapmans Piek-kant, sal daagliks beman word. Glencairn, Clovelly en Monwabisi sal net tydens naweke, openbare vakansie dae en skoolvakansies.

Die net word aan die einde van die dag weer bymekaargemaak en uit die see gehaal.

 Let op na die haaivlag wapper wanneer jy wil swem

Die groen vlag – swem gerus

Swart vlag – die seetoestande is nie goed genoeg om haaie te kan sien nie, so swem op eie risiko

Rooi vlag – daar is ‘n hoë haai risiko. Gewoonlik was ‘n haai opgemerk in die water maar wat nog nie ten aby aan die swem strand is nie

Wit vlag met swart haai binne-in en sirene – kom dadelik uit die water; ‘n haai is naby die strand