Die wêreld van karnivoriese plante


Peter Hewitt, Martelize en Johan in die ateljee met ‘n paar insek-etende plante.

Karnivoriese plante vang en eet insekte. Die plante kom meestal voor in gebiede waar daar nie voldoende voedingswaarde in die grond is nie en kom dikwels in moerasse en vleilande voor. Die plante raak dormant in die winter en maak weer hul verskyning uit die grond in die lente.

Daar is een-jarige en meerjariges en baie het baie mooi blomme. Suid-Afrika het inheemse karnivoriese plante, en van die plante in Bainskloof het byna uitgesterf, maar is gered.

Die grootstes kom in Asië voor en kan selfs ‘n rot vang.

Van die plante word so groot as 2.5m.

Peter Hewitt vertel vir Johan Rademan en Martelize Brink van karnivoriese plante en die interessante meganismes waarmee hullle prooi vang.

Enkele spesies karnivoriese plante.


 

Lees meer:

https://en.wikipedia.org/wiki/Carnivorous_plant