Kurk is net vir proppe nie!


Kurkeik

Kurk word inderdaad gebruik vir wynbottels se proppe. Maar die produk van die kurk-eikeboom is veeldoelig en word vir vloere en baie ander dinge gebruik.

Die bome word eers 25 jaar oud voordat die bas die eerste keer ge-oes word.

Die bome is die buffer tussen die Sahara woestyn in Afrika en Wes-Europa.

Oggend op RSG met Emile Joubert.

  • Kurk en wyn is al van die antieke Griekse tye sinoniem met mekaar.
  • Tans word 12miljard bottels wyn jaarliks met kurk gesluit.
  • Portugal is die leier in kurkproduksie, aangesien dit die tradisionele tuiste is van die kurk-eikeboom. (Quercus uber). Die woude is wild, en die bas van die boom word elke 9 jaar gestroop. Van die bas word kurk gemaak.
  • Amorim is ‘n ou-familiefirma, die wêreld we grootste verskaffer van kurkproppe. Joaquim Sá, wat saam met my kom na die ateljee, is die uitvoerende hoof van Amorim in Suid-Afrika.
  • Ons sien onsself as vennoot van die wynbedryf.
  • Is betrokke by die Cape Winemakers Guild (Kaapse Wynmakersgilde) se protégé-program vir die opheffing van voorheen-benadeelde mense wat wynmakers wil word.
  • Ekself het in 1983 in Portugal beland toe ek gaan “back-pack” het – ‘n vlugkaartjie na Lissabon was die goedkoopste (R825). Weens my ma se konneksies in die wynbedryf het ek die manne van Amorim leer ken. Toe werk ek vir ‘n paar maande in hul fabriek in die noorde van Portugal. 25 jaar later loop ek weer vir Amorim raak in SA deur Joaquim, en hier is ons weer.

Die kurkeik se bas word gestroop

‘n Boord kurkeike

 

 

Kurkproppe

Lees meer

http://100percentcork.org/why-cork/best-for-wine/

 

https://www.apcor.pt/en/cork/facts-and-curiosities/

 

http://100percentcork.org/cork-facts-myths-and-realities/