RSG se ywerigste tuinmaker se beste tuinwenke

RSG se ywerigste tuinmaker se beste tuinwenke


Die ywerigste tuinmaker by RSG, Derrich Gardner van Saterdagoggende se Brekfis met Derrich-faam, gee sy 8 beste tuinwenke.

Groot dele van Suid Afrika staan steeds gebuk onder die groot droogte. Ons plante kwyn, ou bome gaan dood maar soos altyd maak ons ‘n plan en ‘n kopskuif.

inheems-kanferfoelie-honey-suckle-salmon

Inheemse kanferfoelie

Wenke 1 en 2: Plant meer inheems en meer plante wat min water nodig het.
Loop maar deur jou kwekery en kyk hoeveel meer grasse, vetplante en aalwyne is deesdae beskikbaar.

Plant ook omgewing-inheems (plante uit jou streek en nie uit ander provinsies nie).

Met die vakansies op hande, wil jy weggaan en terugkom na ‘n tuin wat nog staan. Bome en struike wat dit nie in die droogte gemaak het nie kan nou plek maak vir van ons inheemse bome en struik soos Kanferfoelie met klomp nuwe kleure wat beskikbaar is.
inheems-2 inheems-1Proteas, vetplante en aalwyne is nou ‘n statussimbool en die groot verskeidenheid kleure en teksture sal beslis ‘n aanwins wees in jou tuin en potte in die volson. Hulle het min water nodig en gee ook die plaaslike insekte- en voelbevolking ‘n kuierplek.

Droogtebestande tuine kan baie mooi lyk. Kyk net hier:

droogtebestand-1 droogtebestand-2 droogtebestand-4 droogtebestand-3droogtebestand-5 droogtebestand-uitsig welkomtuin

Wenk 3: ‘n Selfgemaakte goggahotel sal ‘n magdom spesies bestuiwers soos bye na die tuin lok.

gogga-hotel

bye

Wenk 4. Gebruik omgewingsvriendelike middels en – kunsmis.
As jy gelukkig is met genoeg water, hou maar die grasperk groen, geniet die tuin, maak piekniek, en in die somerhitte kyk uit vir onkruid en insekte wat die grasperk kan oorneem. Omgewingsvriendelike middels en -kunsmis maak dit als baie maklik deesdae.
grasperk-rus-in-skaduwee vlaktes-grasperk

Wenk 5. Maak kompos met al die ou blare en gras en afval organies kos uit die kombuis. Google as jy nie weet hoe nie…. deesdae is jou eie kompos ‘n moet.

Wenk 6. Kleur naby die huis is altyd ‘n wenner.
hangmandjie plantbal-nandina geel-roos-in-potHangmantjies, potte en ook plantballe gee ons kleur waar die res van die tuin sukkel in die hitte en droogte. Onthou hulle soek baie water.

Hangmandjies en plantballe kan jy in ‘n skottel water dompel vir so paar minute om te verseker die grond het genoeg water opgeneem.

Rose blom 42-45 dae nadat hulle gesnoei is. Tel die dae op jou kalender terugwerkend, snoei en jy sal blommende rose dié Kersfees hê.

Wenk 7. Wees kreatief….
bandemuurfonteinen verf ou bande en beplant hulle met bietjie kleur. Daai vaal muur kan jy takel met helder verf, ‘n beeldjie en grasse of ‘n fonteintjie. As jy wil beindruk, maak die ingang na jou huis asemrowend. DIs duur, so kies jou plante versigtig na deeglike beplanning.

lang-fontein beelde-teen-muurOf bou ‘n enorme fontein. Vra by jou plaaslike kwekery raad. Hulle help graag. As jie iewers iets sien waarvan jy hou, onthou om ‘n foto met jou selfoon te neem sodat jy later jou tuinsentrum kan wys en vra wat dit is of die idee tuis toepas.

Wenk 8. En dié Kersfees, gee tuingeskenke.
Termometers, potte, kompos, vetplante RSG se Tuinboek en geskenkbewyse.
geskenk venster-termo