Identifiseer ons paddas só

Identifiseer ons paddas só


Dis padda-seisoen! En net soos voël-kyk raak padda-jag al hoe gewilder. In Suidelike Afrika is nie minder as 161 verskillende padda-spesies. Navorsers by die Universiteit van Noordwes – Potchefstroom kampus – het ‘n interssante toepassing ontwikkel in die soeke na meer inligting oor die verspreiding, en vir die bewaring van paddas. Kom hoor hoe jy betrokke kan raak. Jacqui January gesels met Professor Louis du Preez van die vakgroep dierkunde.

louis-du-preezvincent-carruthers-who-will-be-talking-at-stoepsit-meerhof-lodge-on-frDis ‘n toepassing wat jy op jou slimfoon kan aanskaf en deel word van data insameling oor die verspreiding/bewaring van paddas. Die toep komplimenteer die boek Complete Guide to the Frogs of Southern Africa deur Prof. Louis du Preez (foto regs), hoof van die Afrika Amfibiër Bewaringsgroepe (AACRG) en en Vincent Carruthers (foto links), bekende Suid-Afrikaanse omgewings- en paddakenner en skrywer of mede-skrywer van verskeie natuurboeke.

Klik hier om na die program te luister.

Hier is die toep:

Die hyperolius marmoratus

Die mooi gestreepte hyperolius marmoratus

 

Die rivierpadda

Die rivierpadda

Die rietpadda

Die rietpadda

Die Natalse boompadda

Die Natalse boompadda

Hier is ‘n opsomming en uittreksel uit die boek met die sleutel hoe mens te werk gaan om ‘n padda te identifiseer. Klik hier vir dié sleutel in pdf formaat.

En as jy die hele paddaboek in pdf-formaat wil bestudeer, klik hier.

Maar hoe nou gemaak as jy nie die passie deel nie en ontslae wil raak van ‘n padda in jou tuin. Jacqui January het by Professor Louis du Preez van Noord-Wes Universiteit gaan hoor. Luister hier wat hy sê.

Kontak prof. Louis du Preez by louis.dupreez@nwu.ac.za