Was jy al in ‘n sneeuhotel?


Kirkenes is n dorpie in Noorwee wat aangewese is op toerisme vir oorlewing. In die winter is slee-ry, koningkrap eet en ‘n besoek aan die sneeuhotel van die onmisbare elemente op die toerisme-spyskaart

Johan Rademan het in Kirkennes gaan inloer by die Sneeuhotel wat uit kunsmatige sneeu gepak word en dan vir ‘n tydperk van ongeveer 4 maande staande bly voordat dit smelt en sodoende volmaak herwin word.

Vanjaar se hotel het 26 kamers, elk met ‘n eiesoortige tema wat deur Sjinese kunstenaars gedoen word. Luister gerus na ‘ReisSonderGrense se besoek aan die Landkunshotel in die Arktiese-streek.

Oppad na die Kirkenes Sneeuhotel

Die Sneeuhotel in Kirkenes van buite. Die kameel boggels is die buitemure van die kamers

Nog verblyf buite die Sneeuhotel in Kirkenes

‘n Welkomsgroet

Tee vir twee?

Die kaggel, geskep uit sneeu sal nooit gesellig kan brand nie. Dalk net gesellig smelt.

Die Sneeuhotel sy yskoffietafel, maar geen warm koffie nie asb Die tafel sal nie vlek nie, maar smelt.

Die Yskroeg in die Sneeuhotel in Kirkenes. Met eish?

Gee haar ‘n roos.. Sjinese ysbeeldkunstenaars verrig jaarliks die kunswerke van elke tema in die hotel

Nog ‘n kamer ingang van die Sneeuhotel in Kirkenes

In ‘n koue gang is ‘n lig wat skyn.. Die Sneeuhotel in Kirkenes.

Kamer 7 in die Kirkenes Sneeuhotel – Die Marilyn Monroe tema.

 

‘n Teleurgestelde kliënt in die Sneeuhotel.

‘n Spoeltoilet sonder ‘n spoel… in die Sneeuhotel in Kirkenes