Wedloop teen tyd om modderstortings ná Knysna-brande te voorkom


KnysnaVuur-Erosie na groot reën

Restorasie-ekoloog Japie Buckle vertel vir Johan Rademan hoe brande modderstortings veroorsaak, en die stappe wat gedoen word om die impak van erosie ná die Knysna-brande te verlig.

Op 7 Junie 2017 het n groot brand dele van Knysna en die omgewing verswelg. Ekologiese probleme het gevolg na die groot vuur in die Suid Kaap gedurende 7 Junie 2017. Dit was dieselfde dag dat erge weertoestand-waarskuwings die Kaapstadse skole laat sluit het en mense aangeraai is om nie werk toe te gaan nie. Dit is voorafgegaan deur bergwind toestande in ‘n reeds droogte geteisterde Suid Kaap – dus ideale toestande vir ‘n “perfect “storm”, vertel Japie Buckle, Restourasie Ekoloog van die Departement van Omgewingsake: Natuurlike Hulpbronne Bestuur en Voorsitter van die Omgewings Werkstroom: Tuin Roete Heropbou Initiatief.

Die vuur-voetspoor was uiteindelik 20 238 Ha met geweldige verliese en skade aan infrastruktuur en die omgewing. Mense het ook hulle lewens verloor en 15 700 ha denne plantasies het in die slag gebly.

‘n Omgewings werkstroom (as deel van die Garden Route Rebuilt Initiative – GRRI of in Afrikaans die Tuin Roete Heropbou Initiatief) is ná die brand aangestel om die omvang van die omgewingskade te bepaal, die werk te prioritiseer, motiverings vir befondsing op te stel en die werk op die grond te implementer.

Dit was ‘n geweldige warm brand en die plantegroei in die brand-voetspoor het totaal weggebrand en ‘n kaal ‘’maan andskap” agter gelaat. Die grootste problem direk na die brand (van ‘n omgewings oogpunt) was die risiko van grootskaalse erosie op die steil hellings van die kaal gebrande duine rondom die Knysna lagoon, Brenton on Sea, Brenton on Lake, Belvedere, Phantom Pass-afdraai en die steil banke langs die N2 Nasionale Pad.  Heelwat huise en ander infrastruktuur was direk in gevaar indien modderstortings (sandmassa-vloei) sou plaasvind na enige reënval in die gebied.

Die Nasionale Departement van Omgewingsake se Hoofdirektoraat Natuurlike Hulpbronne bestuur (Natural Resources Management) het binne ‘n maand na die brand, erosiebeheer-produkte soos houtwol-komberse en houtwol-gevulde worse beskikbaar gestel en met die hulp van Werk vir Vuur (Working on Fire) spanne die produkte begin installeer op al die hoë prioriteit areas. Sommige areas is ook gehandel met ‘n Hydroseerder en mulch. Ons was instaat om in die meeste steil areas te werk voordat die eerste groot reën gekom het (altesaam in 54 areas erosiebeheer toegepas). Daar was wel skade aan sommige eiendomme (Brenton on Lake area) gedurende swaar reënval op 14-15 November 2017.

Die werk gaan nog steeds voort, maar ons grootste uitdaging tans is die hergroei van uitheemse indringer plante soos rooikrans, port Jackson, langblaar wattle, swart wattle, swarthout en bloekom.

Nog fotos om ons erosie beheer maatreels te illistreer. Daar is reeds meer as 18km se houtwol-rolle of -worse gelê en 22 0000 vierkante meter se erosie-komberse in die Knysna ”fire scar”.

Knysna Vuur – Kaal duine na brand

Knysna Vuur-Port Jackson saailinge Jan2018

KnysnaVuur- afrol van houtwol erosie komberse

KnysnaVuur – Erosie beheer op steil dreinerings lyne

KnysnaVuur- Installering van houtwol erosie komberse

KnysnaVuur- Blackwattle hergroei na vuur

KnysnaVuur- sand verskuiwing na brand

KnysnaVuur-Erosie beheer bo huise-swart sediment opgevang

KnysnaVuur-Erosiebeheer-Belvidere Estate Site

KnysnaVuur-Hydroseeding

Knysna Vuur-Houtwol kombers op styl duine-Blackwood saailinge

KnysnaVuur – Houtwol worse en erosie komberse

KnysnaVuur-duine langs GoukammaRivier