Die wonderwêreld onder die see

Die wonderwêreld onder die see


Op 8 Junie word Wêreld Oseane dag letterlik wêreldwyd gevier. Luister na Woensdag na Oggend op RSG om die wonderwêreld te ontdek en te vier.

‘n Ongelooflike foto van die sardientjie-lopie deur Geo Cloete

‘n Ongelooflike foto van die sardientjie-lopie deur Geo Cloete

Hier is ‘n paar feite oor die planeet Aarde se oseane en die wêreld onder die see:

Die oppervlakte van planeet Aarde beslaan 70% water, waarvan 96% soutwater is. Die planeet bestaan uit sewe kontinente en oseane, en die vyf grootste seemassas staan bekend as die vyf Groot Oseane.

World_Ocean_Map

 

89920-004-E0275152Die Stille Oseaan is die grooste oseaan en beslaan 165,200,000 km². Dit vul die hele are tussen die Westelike kus van die Amerikas en die Oostelike kus van Asië, en strek van Noord-Suid tot by die Arktiese en Antarktiese gebied. Baie tropiese eilande  is in die Stille Oseaan. Die diepste punt in die seevloer, bekend as Challenger Deep in die Marianas-afgrond is naby die Guam eiland en is byna 11 km onder die see. Dis in 1875 ontdek.

atlantic-ocean-map-1-150x150Die Atlantiese Oseaan is die tweede grootste oseaan en beslaan 106,400,000 km². Dit beslaan die see-gebied tussen die westelike kuslyne van die Amerikas en die oostelike kuslyne van Europa en Afrika. Dit sluit die Mediterreense, Karibbiese en Baltiese See in en ook die Golf van Meksiko. Dit strek ook Noord-Suid van die Arktiese tot die Antarktiese gebied.

indian-ocean-map-150x150Die Indiese Oseaan beslaan 73,556,000 km² aan die Ooskus van Afrika, die kus van die Midde-Ooste en Indië). Suid-Oos Asië en Australië skei die Indiese Oseaan van die Stille Oseaan. Hierdie warm oseaan langs die ooskus van Suid-Afrika (dus langs die kus van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaapse kus) maak dié deel van kus gewilde vakansieplekke.

arctic-ocean-map-150x150-1Die Arktiese Oseaan beslaan 13,986,000 km² en is die kleinste en vlakste van die vyf Groot Oseane en val byna geheel en al in die Arktiese sirkel. Dit word begrens deur Eurasië, Noord-Amerika en sluit in Hudson Baai, die Noordsee en die Barentssee, wat die meeste maande van die jaar massas ys van 30 m of meer diep is. Selfs in die kort somermaande, kan ys die Arktiese Oseaan onbegaanbaar maak.

southern-ocean-map-150x150Die Suidelike Oseaan is om Antartika geleë. Tot die middel van die twintigste eeu is die see rondom Antartika as uitbreidings van die aangrensende oseane gereken.  Maar in 2000 het lede van die International Hydrographic Organization ooreengekom dat die suidelikste deel van die see bekend moet staan as die Suidelike Oseaan. In die algemeen word die oseaan suid van 60°S breedtegraad as die Suidelike Oseaan gereken. Dit beslaan 20,327,000 km² en is die dus die vierde grootste oseaan. Die oseaan se waters sluit aan die suidelike dele van die Stille Oseaan, die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan. Met ‘n stroom wat altyd ooswaarts vloei en baie koud is, het dié oseaan ‘n groot invloed op die aarde se weerpatrone.

Lees meer: 44 interessante feite oor die oseane http://www.whatarethe7continents.com/44-interesting-facts-about-the-ocean/

Feite oor Suid-Afrika en sy oseane

Seebamboeswoud
Kaapstad  het ‘n seebamboeswoud – dis die enigste buiten die een in Kalifornië.

58ede7b027044d9cb97284f7933539f5

kelp_rest_divers_1140_630_80_s_c1_c_c

Kelp-Forest

Haaiduik
Jy kan saam met haaie duik – saam met koeihaaie (foto) in Simonstad, skeurtandhaaie in Aliwal Shaol (sonder hokke) en Witdoodhaaie in Gansbaai (in hokke)

Koeihaai

Vlootwrakke word seeriwwe
By Smutswinkelbaai sink die vloot wrakke om kunsmatige riwwe te skep.

Duik in skeepswrak
100 jaar gelede het die Clan Stuart gesink naby Simonstad. Jy duik van die strand af op hierdie wrak.

clan-stuart-1n

Duik met pikkewyne
Jy het in Simonstad die geleentheid om saam met pikkewyne te duik. (Hulle is wild, so jy is gelukkig as jy hulle sien).

penguin

Sodwana: een van Top5 duikplekke
Jacques -Yves Cousteau het Sodwana as een van die wêreld se top 5 duikplekke identifiseer.

Sodwana-Bay-Reef

Sodwana-Bay-2

turtle

Die sardyntjie-lopie
Die bekende sardyntjie-lopie aan die warm Indiese Oseaan kus van KwaZulu-Natal en die Oos-Kaapse kus is altyd ‘n belewenis. Geo het ‘n foto op ons webblad “ My broken Heart” wat die afgelope 2 weke geplaas is.

Port St Johns

maxresdefault

Koue en tropiese duik
Jy kan aan die Suid-Afrikaanse kus in koue water duik (die koue Atlantiese Oseaan aan die Weskus) en in tropiese water (die warm Indiese Oseaan aan die Oos-Kaapse en KZN-kus.
Hier is ‘n paar onderwaterfoto’s van die gallery van die Alpha Dive Centre.

Vals pruim-anemoon op ‘n spons

Vals pruim-anemoon op ‘n spons

Choc-chip nudibranch (Foto: Alpha Dive Centre)

Choc-chip nudibranch (Foto: Alpha Dive Centre)

Pajama kathaai

Pajama kathaai

Gasvlam nudibranch

Gasvlam nudibranch

Mandjie-ster

Mandjie-ster

Tipiese Wes-Kaapse koraalrif

Tipiese Wes-Kaapse koraalrif

Kaapse see-anemoon

Kaapse see-anemoon

Vir meer ongelooflike onderwater foto’s, gaan na http://www.alphadivecentre.co.za/events/gallery/.