Nuus: Enstowwe in Afrika vervaardig; Koalisiegesprekke; Beurtkrag


Die Afrikasentrum vir Siektebeheer wil entstowwe teen 22 siektes plaaslik vervaardig.

Koalisiegesprekke tussen politieke partye vir die 67 munisipaliteite landwyd waar geen party ‘n volstrekte meerderheid gekry het nie, gaan voort. ‘n Onafhanklike kandidaat word dalk die volgende burgemeester in die Cederberg-munisipaliteit in die Wes-Kaap.

Eskom waarsku dat die kragnetwerk onstabiel en onvoorspelbaar is, en daar ‘n groot moontlikheid is dat daar vandeesweek na ‘n hoër fase beurtkrag oorgeskakel kan word.

DA-leier John Steenhuisen sê dit is nie die amptelike opposisieparty se werk om die ANC te red nie.