5 Toekennings vir 4 RSG presteerders


Vier lede van die RSG-span is onlangs bekroon vir hul uitnemende werk en bydraes. En een het weggestap met twee toekennings!

1. Magdaleen Kruger, stasiebestuurder van RSG, het ‘n kokertoekenning van die Afrikaanse Taalraad gekry. Dit is vir die program Die Tale wat ons Praat en vir die inklusiewe hantering van Afrikaans op RSG.

 

Jody Hendricks by Danny Jordaan, wat die toekenning oorhandig het

2. RSG se Jody Hendricks het met twee toekennings weggestap by die jaarlikse gesogte SAB Sportmedia-toekenningsgeleentheid. Hy is bekroon as Radio-sportaanbieder van die Jaar en Radio-sportregisseur van die Jaar. Die beoordeelaars het onder meer Jody se dekking van die 2016 Rio Olimpiese Spele, Allister Coetzee se aanstelling as nuwe Springbokafrigter en sy huldeblyk aan Muhamed Ali geloof by die toekenningsgeleentheid.

Luister hier na twee van die wenbydraes oor Gideon Sam
en oor Allister Coetzee.

3. Johan van Lill, gereelde bydraer tot RSG se kunsprogramme en ook aanbieder van RSG Kunstefees, het ‘n BASA-toekenning (silwer) gekry vir kunsjoernalistiek. Dit is vir die dokumentêre programme Voete soos vlerke oor die Suid-Afrikaanse danser Christopher Kindo en COMART, kunste wat ‘n verskil maak.

Luister hier weer na die twee dokumentêre programme.
Oor Christopher Kindo: luister hier
Oor Comart : luister hier.

 

4. Izak du Plessis, joernalis by RSG se aktualitietsprogram Monitor, is aangewys as Vodacom Joernalis van die Jaar in die radio-kategorie.

Sy inskrywings was in die kategorie spesiale verslae en die drie stories wat vir Izak die wenplek besorg het, is Bosvelddroogte (‘n verslag oor die impak van die droogte op Bosveldboere); Gekaapte Geboue (‘n verslag oor gekaapte geboue in Hillbrow); Namakwaland (‘n verslag oor die maatskaplike omstandighede van die Namas na die onttrekking van talle myne in Namakwaland).

Luister hier weer na Izak se wenbydraes.
Luister weer na Bosvelddroogte1
Luister weer na Bosvelddroogte2
Luister weer na Namakwaland.