783 Korrupsieklagte teen Zuma mag heringestel word


Die NVG het irrasioneel opgetree deur die 783 korrupsie-aanklagte teen hom te laat vaar. Só het die hooggeregshof in Pretoria pas bevind. Die NVG het volgens die hof geswig onder druk om Zuma as president ingehuldig te kry, berig Monitor.

Regter Aubrey Ledwaba het  vroeër die NVG se destydse besluit as irrassioneel bestempel. Hy was veral krities teenoor die voormalige hoof, Mokotedi Mpshe se rol in die sage.

Die DA het ‘n reuse oorwinning behaal in sy stryd om toe te sien dat President Jacob Zuma op die meer as 700 korrupsie-aanklagte teen hom, teregstaan. Die Hooggeregshof in Pretoria het die besluit om die aanklagte teen President Zuma in 2009 te laat vaar, ter syde gestel. Regter Aubrey Ledwaba het in sy omvattende uitspraak van ‘n uur en ‘n half, die destydse besluit as irrassioneel bestempel. Hy was veral krities teenoor die voormalige hoof van die NVG Mokotedi Mpshe se rol in die sage.

Die ANC sê die party neem kennis van die Pretoriase Hooggeregshof-uitspraak oor die besluit van 2009 om aanklagte van korrupsie teen president Jacob Zuma te laat vaar. Die ANC se woordvoerder, Zizi Kodwa sê die uitspraak beteken hoegenaamd nie dat die president skuldig bevind is nie. Die hof het slegs beslis dat die Nasionale Vervolgingsgesag die destydse besluit hersien.

Kategorieë