Die brande by Knysna onder beheer


Brande wat sedert Dinsdag in die Knysna-omgewing woed, het krisis-afmetings aangeneem.

Meer as 30 brande het sedert Woensdag in die Suid-Kaap tussen Sedgefield en Knysna uitgebreek en meer as 10 000 mense is reeds ontruim.

Polisie vermoed nou dat jeugdiges doelbewus die brande gestig het.

Mense is deur die nag uit verskeie plekke in die Suid-Kaap na veiligheid geneem. Minstens drie mense is weens die brande in Reenendal dood, toe ‘n plaaswerkersgesin midde in ‘n brand beland het. ‘n Kerk en ‘n skoolkoshuis is reeds afgebrand en berigte word voortdurend ontvang van plaasopstalle wat aan die brand is. Die Knysna provinsiale hospitaal is ook ontruim weens die gevaar van rookinaseming. Die George munisipaliteit het intussen 15 Go George-busse beskikbaar gestel om mense na veiligheid te neem. Nog brandspanne vanaf Kaapstad is na Knysna onderweg. Die Nasionale Weermag stuur ook bystand en word later vandag in die gebied verwag.

Kyk na dié dramatiese video: http://www.news24.com/Video/SouthAfrica/News/watch-fires-tear-through-knysna-as-residents-are-evacuated-2017060

Die jong gesin wat in die Knysna-brande gesterf het.

Meer as 80 pasiënte moes uit die provinsiale hospitaal op Knysna na veiligheid geneem word weens die brande. Die Wes-Kaapse departement van Gesondheid sê 20 pasiënte is na die hospitaal op George geneem. Die departement se woordvoerder, Mark van der Heever, sê 62 pasiënte word in ‘n kerksaal op die dorp gehuisves. Hy sê alle noodgevalle word by die Knysna kliniek en ‘n nabygeleë gemeenskapskliniek behandel.

Die dodetal in die brande by Knysna het tot vier gestyg. Die jongste slagoffer is ‘n drie-jarige meisie. ‘n Gesin van drie (foto links) is gister in Rheenendal dood toe hulle in die brande vasgekeer is. ‘n Totaal van nege mense het nou in die stormweer in die Skiereiland en die brande in die Knysna-omgewing gesterf.

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag vergader met rampbestuur in die Wes-Kaap nadat die weermag versoek is om bystand met die Knysna-brande te verleen. Rampbestuur het gevra vir helikopters, wateropgaartenks en weermagpersoneel. Duisende mense is uit sewe gebiede verwyder weens die brande wat sedert gister buite beheer woed. ‘n Kerk, ‘n skool en verskeie huise het afgebrand, terwyl die Knysna provinsiale hospitaal ontruim moes word. Die woordvoerder van die weermag, Piet Paxton sê plundery het onder meer kop uitgesteek en soldate word benodig om gebiede te patrolleer.

 

Inwoners van Plettenbergbaai het uit die gebied begin padgee namate brande wat in Knysna woed na die buurdorp begin versprei het. Tot tien-duisend mense is gisternag uit hul huise in Knysna ontruim. Die Eden Distriksmunisipalitet het onder meer inwoners van Harkerville, Kranshoek, Brackenridge en Schoongesigt opdrag gegee om uit hul huise pad te gee. Vyf munisipale busse neem mense uit die gebied.

 

Die plaaslike owerhede het mense versoek om so ver as moontlik van die paaie af te bly om toegang aan noodvoertuie te verleen. Helikopters kon Woensadg weens die sterk wind nie uit Kaapstad opstyg nie. Die hulpverlening-organisasies, “Gift of the Givers” het intussen bekendgemaak dat hulle ‘n vragmotor met water, wat vir Kaapstad bestem was, na Knysna herlei.

Nog brande
Brandbestryders sukkel nog om veldbrande by Kouga in die Oos-Kaap te blus
. Inwoners van Thornhill is ontruim. Die brande by Orange Grove en Boskloof is onder beheer. Inwoners van Longmore is gisteraand weens veiligheidsredes uit die gebied verwyder. Sowat die helfte het intussen na hul blyplekke teruggekeer. Die munisipaliteit het gevra vir kos- en waterskenkings.

Al die onderstaande foto’s is sedert Dinsdag in en naby Knysna geneem.

Foto: Times Live

07 June 2017 Plettenberg Bay. A massive fire broke out at the Kranshoek Viewpoint area just outside the coastal holiday town early on Wednesday morning. It quickly spread due to strong wind and burnt along the coast and cut inland by midday towards Cairnbrogie and the Kranshoek community. This is just one several fires which raged between Plettenberg Bay and Mossel Bay yesterday.
(Photo Ewald Stander, Business Live)

Foto: The Citizen

ll de Pain, Knysna, and CMAI offices on fire – photo Leon van Loggenberg

A fire destroyed the Knysna Golf Club – Image: Katherine Wilkinson

Knysna. Foto: The Citizen

Knysna brande

Brande by Belvedere, Knysna

Sedgefield brand

Karatara/Sedgfield