Is dit nou Hilary Clinton en Theresa May vir VSA en VK?


1791Die Britse eerste minister, David Cameron ontruim vandag dié amp ná ses jaar in die tuig. Hy het sy uittrede aangekondig nadat Brittanje in ‘n referendum gestem het om die Europese Unie te verlaat. Cameron word vervang deur Theresa May wat Maandag as nuwe leier van die Konserwatiewe Party bevestig is. Cameron beantwoord vanmiddag vir oulaas vrae in die Laerhuis, waarna hy sy formele bedanking aan koningin Elizabeth sal gaan oordra by die Buckingham Paleis. Daarna sal May na die paleis gaan om formeel deur die koningin aangestel te word. May sal daarna ‘n kort boodskap lewer by die premierswoning.

71332563763_hillary_Clinton_295_200Hillary Clinton is nou verseker van die Demokratiese Party se nominasie vir die Amerikaanse presidentsverkiesing nadat haar teenstander, Bernie Sanders amptelik sy steun aan haar toegesê het. Sanders het die aankondiging gedoen by ‘n gesamentlike partysaamtrek in New Hampshire. Sanders sê die veldtog gaan nie oor hom, Clinton óf die Republikeinse teenstander Donald Trump nie, maar oor die ernstige krisisse soos algemene gesondheidsorg en ongelykhede in die land. Sanders sê hy is oortuig daarvan dat Clinton verreweg die beste kandidaat vir die presidentsverkiesing in November is. Die Demokratiese Party se amptelike benoemingskonferensie vind later vandeesmaand plaas.

Kategorieë