Nuus: Mali-terreur; droogte; Eddie Jones…


20 November

Terreur: Mali, Maleisië, Parys, Jemen…

  • Minstens 170 mense word deur gewapende mans as gyselaars aangehou in ‘n hotel in Bamako, die hoofstad van Mali. Eenhonderd-en-veertig gaste en 30 werkers word in die Raddisson Blue-hotel aangehou. Geweerskote kon vroeër gehoor word. Die Radisson Blu word meestal deur buitelanders, regeringsamptenare en diplomate besoek. Die polisie het die gebied afgesper. Die noorde van die land is vir die grootste gedeelte van 2012 deur Islamitiese militante, veral die al-Kaïda-groep beset, maar is daarna deur Frankryk uit die gebied verdryf.
  • Van die gyselaars is intussen volgens sekere nuusagentskappe vrygelaat. Reuters berig dat gyselaars wat verse van die Koran kon opsê, vrygelaat is. Geen verdere besonderhede is bekend nie.
  • Intussen is veiligheid verskerp in Koeala Loempoer in aanloop tot die Jaarlikse Beraad van Suidoos-Asiatiese lande wat deur talle wêreldleiers bygewoon gaan word. Vroeër het Maleisië soldate regdeur die stad ontplooi te midde van onbevestigde berigte oor ‘n terreuraanval. Die Amerikaanse president, Barack Obama, gaan ook die streeksberaad bywoon. Die polisie het die bestaan van ‘n memorandum in hul besit bevestig dat daar minstens tien vermeende selfmoordaanvallers in Koeala Loempoer en nog agt elders in die land is.Minstens 15 soldate van Jemen en 14 militante is dood in ‘n aanval deur al-Kaïda op ‘n militêre basis in die noorde van die land. Die veiligheidsmagte sê die aanval het begin met ‘n selfmoordbomaanval op die basis, waarna sowat 30 militante die basis aangeval het. Verdere besonderhede is nie in die stadium bekend nie.
  • Maleisië het soldate regoor Kuala Lumpur ontplooi te midde van onbevestigde berigte oor ‘n terreuraanval. Wêreldleiers, waaronder die Amerikaanse president, Barack Obama, woon binnekort ‘n streeksberaad in die stad by. Die polisiehoof, Khalid Abu Bakar, sê in ‘n verklaring dat die berigte van die dreigement nog nie bevestig is nie. Die polisie het die bestaan van ‘n memorandum in hul besit bevestig dat daar minstens tien vermeende selfmoordaanvallers in Kuala Lumpur en nog agt elders in die land is. Maleisië het sekerheid verskerp na aanvalle in Frankryk, Egipte en Lebanon. Verskeie kleiner rebelle-groepe in die Filippyne het hul steun aan die Islamitiese Staat toegesê.
  • Die Franse owerheid is nie seker of ‘n verdagte in die aanvalle in Parys wat nog op vrye voet is, Salah Abdeslam in Frankryk of België is nie. Die Franse eerste-minister, Manuel Valls sê hulle is ook nie seker of daar nog groepe is wat direk met die aanvalle verbind kan word nie. Sewe aanvallers en 129 slagoffers is verlede Vrydag dood in gekoördineerde aanvalle in Parys. Die vermeende baasbrein agter die aanvalle, Abdelhamid Abaaoud is vroeër dood nadat die polisie ‘n klopjag op ‘n woonstel in die Franse woonbuurt St Denis uitgevoer het.

Nkosazana Dlamini-Zuma nie ongeneë om president te word nie: Die hoof van die Afrika Unie, Nkosazana Dlamini-Zuma sê dit is vir ANC-takke om te besluit of sy die ANC se volgende president moet word. Dlamini-Zuma is in die stadium ‘n kortkop voor adjunk-president Cyril Ramaphosa om president Jacob Zuma op te volg. Dit volg nadat die ANC in Kwa Zulu-Natal hul vroeër die maand agter Dlamini-Zuma geskaar het as opvolger vir die hoogste pos in die party.

Staat laat steeds swak huis bou: Die Menseregtekommissie sê kontrakteurs bou steeds huise van ‘n lae gehalte vir die staat en word nie aanspreeklik gehou nie. Die MRK sê die regering gee voorkeur aan private eiendomsontwikkelaars in die ontwikkeling van behuising naby werkplekke, eerder as om aandag te gee aan die behoeftes van arm gemeenskappe. Die kommissie het ‘n verslag bekendgestel oor toe die toegang tot behuising, plaaslike regering en dienslewering

Aardbewing naby Japan: ‘n Aardbewing van ses-komma-twee op die Richterskaal het die Bonin-eilande in Japan geruk. Die eilandgroep is sowat eenduisend kilometer vanaf die hoofstad, Tokyo. Geen onmiddellike berigte van beserings of skade is ontvang nie.

Droogte en voedseltekort: Die voedselreus, Tiger Brands het gewaarsku dat die droogte kan lei tot ‘n tekort aan gewilde stapelvoedsel soos witmielies en sorghum. Die maatskappy sê dit sal Suid-Afrika dwing om meer mielies van Amerika en rys van Asië af in te voer. Die regering het vroeër gesê hy gaan meer as twee-komma-twee miljard rand bestee om witmielies uit Zambië en Meksiko in te voer en geelmielies van Argentinië en Brasilië. Witmielies word hoofsaaklik vir mieliemeel gebruik en geelmielies is tradisioneel voer vir veral die pluimveebedryf.

Rugby: Die voormalige afrigter van die Japanse wêreldbeker-rugybspan, Eddie Jones is as die eerste buitelandse afrigter van Engeland aangewys. Die 55-jarige Jones wat die Stormers volgende jaar sou afrig, het die pos aanvaar nadat die Stormers volgens berigte ingestem het tot vergoeding van twee-komma-een-miljoen rand vir sy vrystelling. Jones, het vroeër met Japan geskiedenis gemaak het deur die Springbokke in die wêreldbeker te klop. Hy het die Wallabies ook vroeër afgerig en was ‘n raadgewer vir die Springbokke in die 2007 Wêreldbeker. Jones se kontrak van vier jaar begin in Desember.

Vorige nuusberigte.

Kategorieë