Nuus: Zuma swig onder druk: Gordhan in; Rand herstel effe


14 Desember

Zuma-ommekeer: Die ekonoom, Dr Azar Jammine, sê die aanstelling van Pravin Gordham as Minister van Finansies gaan help om vertroue in die ekonomie te herstel, hoewel die skade reeds gedoen is. Jammine sê dit gaan `n grootse poging verg om terug te keer na waar die ekonomie `n week gelede was. Die rand het drasties verswak nadat President Jacob Zuma verlede week aangekondig het dat David van Rooyen in die plek van Nhlanhla Nene aangestel word. Jammine sê hy glo nie die vertroue gaan herstel word voordat daar `n verandering in leierskap is nie. Hy dink ook die Reserwe Bank gaan dalk nog verplig voel om rentekoerse aanstaande jaar te verhoog. Die leier van die DA, Mmusi Maimane sê enige minister van Finansies moet kan standpunt inneem teen President Zuma om te keer dat sekere besteding goedgekeur word.

Gordhan word vanoggend om tienuur as minister van Finansies ingehuldig. Van Rooyen word na Gordhan se ou portefeulje, Samewerkende Regering en Tradisionele Sake verskuif. Gordhan was voorheen minister van Finansies van Mei 2009 tot Mei 2014. Die president se aankondiging het gevolg na wydverspreide kritiek teen die aanstelling van Van Rooyen. Zuma het glo talle voorleggings ontvang om sy besluit te heroorweeg. Die rand het na die aankondiging van Gordhan se terugkeer na Finansies met bykans vyf persent gestyg.

Die DA-leier, Mmusi Maimane, het President Jacob Zuma se besluit om weer vir Pravin Gordhan as minister van Finansies aan te stel, verwelkom. David van Rooyen, wat verlede week as minister van Finansies aangestel is, is nou na Gordhan se ou portefeulje, Samewerkende Regering en Tradisionele Sake verskuif. Gordhan was voorheen Minister van Finansies van Mei 2009 tot Mei 2014. Die president se aankondiging kom na wydverspreide kritiek teen die aanstelling van Van Rooyen. Volgens Maimane het Zuma na aanleiding van openbare druk opgetree. Die rand het na die aankondiging van Gordhan se terugkeer na Finansies met bykans vyf persent gestyg.

Die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke het ook sy stem gevoeg by die lang lys van diegene wat die President skerp gekritiseer het oor sy verwydering van Nhlanhla Nene as Minister van Finansies. ‘n Groep sakelui en voormalige staatsamptenare het vroeër ‘n ope brief geskryf en Zuma gevra om die land se belange eerste te stel. Hulle het die voormalige hoofsekretaris van Cosatu, Zwelinzima Vavi, ‘n ANC styrdros, Mavuso Msimang en die voormalige hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Vusi Pikolei, ingesluit.

Sewes rugby: Die Blitsbokke het die Kaapstadse Sewestoernooi gewen nadat hulle Argentinië met 29-14 geklop het. Die tuisspan het vyf drieë gedruk terwyl die Argentyne net twee kon druk. Die twee blitse Seabelo Senatla en Rosko Specmen het elk twee drie gedruk terwyl Ryno Benjamin die vyfde drie gedruk het. Frankryk het derde geëindig nadat hy Kenia in hulle wedstryd naelskraap met 28-26 geklop het.

Kategorieë