Nuusflits: Aflegging van Media24 fotograwe


IN SPEKTRUM: Die helfte van Media24 se fotograwe kan dalk binnekort sonder werk sit. Volgens inligting aan Spektrum is hulle gister daaroor ingelig. Dit hou in dat sowat 22 fotograwe die trekpas kan kry. Die waarnemende hoof van Media24 Nuus, Barrie de Beer, wou nie kommentaar lewer nie. Hy het die plan wel in ‘n verklaring aan Spektrum bevestig. De Beer skryf: Ons kan bevestig dat Media24 ‘n interne konsultasieproses met ons koerante se fotograwe begin het. Die proses gaan oor veranderinge wat in lyn is met dit wat in nuuskantore elders in die wêreld ontwikkel. Die uitkoms van die gesprekke met ons personeel sal die pad vorentoe aandui en ons is nie in ‘n posisie om verdere kommentaar te lewer of om die uitkoms vooruit te loop nie.

Kategorieë