Nuusflits: Henri van Breda gee homself oor aan polisie


Die 21-jarige Henri van Breda, wie se drie familielede verlede jaar in Stellenbosch vermoor is, het homself aan die polisie oorgegee.

Hy is volgens berigte gevra om homself teen halfvier vanmiddag aan die polisie oor te gee.

Henri van Breda. Foto: oorspronklik van Facebook

Henri van Breda. Foto: oorspronklik van Facebook

Van Breda is deur sy regsverteenwoordiger, Lorinda van Niekerk vergesel.

Die polisie glo hulle het ‘n baie sterk saak, al is die dossier verskeie kere aan die Nasionale Vervolgingsgesag gestuur vir besluitneming.

Die bebloede liggame van Martin en Teresa van Breda en hul oudste seun, Rudi is op 27 Januarie verlede jaar in hul huis op die luukse De Zalze-landgoed gevind.

 

Kategorieë