SABC plaas verbod op dekking van diensleweringsbetogings


Die SAUK het in ‘n verklaring gesê beeldmateriaal van diensleweringsbetogings sal nie langer op die openbare uitsaaier se nuusbulletins uitgesaai word nie.

Die organisasie het ook ‘n beroep op ander uitsaaiers en nuusmedia gedoen om nie dekking te gee aan diensleweringsbetogings nie.

Die SAUK se bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng sê die organisasie kan nie dekking gee aan destruktiewe optrede nie. Hy sê die SAUK het ‘n mandaat om mense op te voed, en het die besluit geneem om aan mense te wys dat gewelddadige betogings nie nodig is nie.

 

Kategorieë