Woep! En die Guptas is in Doebai


NUUSFLITS: Die Guptas het die land Donderdagaand sak en pak verlaat, berig Erika Gibson en Ferial Haffajee eksklusief in RapportWeb en City Press. Hulle kon die hoon van korrupsiesat Suid-Afrikaners en die openlike vyandigheid van sakelui nie meer verdra nie. Lees die berig op Netwerk24.

Verdere nuusflitse oor die Guptas en Zuma is:

  • Aandele in Oakbay Resources het vanoggend met bykans tien persent getuimel. Dit is die tweede dag van skerp verliese nadat die maatskappy se voorsitter en hoofuitvoerende beampte Vrydag bedank het te midde van politieke woelinge rondom president Jacob Zuma. Die Gupta familie se mynbates is deel Oakbay Resources. Die aandeelprys het om 12-uur met nege komma 9 – 6 persent tot 21-rand 61 gedaal. ‘n Aantal Suid-Afrikaanse maatskappye wat banke, KPMG en Sasfin insluit het verlede week die rekeninge van Oakbay beleggings gesluit. Dit volg te midde van bespiegelings dat die Gupta familie onbehoorlike invloed oor president Zuma uitoefen. Die Guptas het die naweek Suid-Afrika verlaat en na Dubai vertrek. van skerp verliese nadat die maatskappy se voorsitter en hoofuitvoerende beampte Vrydag bedank het te midde van politieke woelinge rondom president Jacob Zuma.
  • Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe het erken dat die woede oor die Konstitusionele Hof se beslissing oor Nkandla, daartoe kan bydra dat mense hul vertroue in die ANC verloor. Opposisiepartye en sommige ANC-lede het ‘n beroep gedoen dat President Jacob Zuma uit sy amp verwyder word, nadat die hof beslis het dat hy strydig met die grondwet opgetree het. Mantashe het by ‘n die 23ste herdenking van die SAKP-leier Chris Hani se dood in Boksburg aan die Oosrand gepraat. Hy sê indien die ANC arrogant raak, sal hulle die prys betaal.
  • Die sekretaris-generaal van die ANC, Gwede Mantashe het dit weereens beklemtoon dat die ANC nie deur opposiepartye beïnvloed sal word wat die leier van die land en die regerende party betref nie. Hy het gereageer op kritiek dat ANC LP’s nie president Jacob Zuma verantwoordbaar gehou het deur nie die mosie te steun om hom uit sy amp te verwyder nie. Opposisiepartye en sommige ANC-lede het ‘n beroep gedoen dat President Zuma uit sy amp verwyder word, nadat die hof beslis het dat hy strydig met die grondwet opgetree het. Mantashe sê indien die ANC egter arrogant raak, sal hulle die prys betaal.
  • Die minister van Samewerkende Regering, Des van Rooyen het berigte ontken dat hy tydens ‘n besoek aan Doebai verlede jaar met lede van die Gupta-familie vergader het. Sy woordvoerder, Tsakani Baloyi sê die minister was op ‘n privaat besoek aan die stad. Dit volg na bewerings dat Van Rooyen en ander senior regeringsamptenare na Doebai gereis het wanneer lede van die Gupta-familie daar was. ‘n DA-parlementslid, Kevin Mileham het vroeër gesê hy sal vrae aan Van Rooyen rig oor die besoek aan Doebai. Daar word beweer dat die Guptas die aanstellings van Van Rooyen as minister van Finansies en die aanstelling van die minister van Minerale Hulpbronne, Mosebenzi Zwane beïnvloed het.
Kategorieë