Dit betaal letterlik om in te skryf op RSG se e-nuusbrief


Petro Crafford sê sy kan nie ophou glimlag nie……sy is die gelukkige RSG-luisteraar en RSG e-nuusbrief-intekenaar wat die R6,000 kontant met die komplimente van RSG gewen het. Die enigste vereiste om in aanmerking te kom vir die prysgeld, was om teen Woensdag, 26 Augustus om 12:00 ‘n geregistreerde RSG-nuusbrief ontvanger te wees! Petro was….en voila, daar wen sy toe R6,000.

En op 23 September om 12h00 trek ons ‘n tweede wenner wat R6000 kan wen. Klik hier en teken dadelik in.

Petro Crafford van Hoekwil, die wenner van die eerste e-nuusbrief kompetisie

Petro Crafford van Hoekwil, die wenner van die eerste e-nuusbrief kompetisie

Petro bly op Hoekwil naby George. Sy en haar man Willem het 8 jaar gelede afgetree ná 40 jaar in Skukuza in die Krugerwildtuin; hulle het albei vir die Parkeraad gewerk. Petro sê hulle is baie gelukkig in hul aftreehuis op Hoekwil en goed ingeskakel by die gemeenskap en die plaaslike NG gemeente.  Albei is pensionarisse, maar nie met vakansie, soos hul kleinkinders dink nie!

“In ons huis is die radio van soggens tot saans aan op RSG.  Al my broers en susters luister ook graag RSG.  Ek het ingeteken op die nuusbrief omdat dit vir my interessant is om te weet wat agter die skerms aangaan. Dit voel nog steeds onwerklik en kan nie glo dat juis my naam gekies is nie!” sê Petro. Hulle huis word binnekort geverf en die prysgeld gaan baie handig te pas kom.

Vertel gerus vir jou familie en vriende van RSG se nuusbrief – ‘n mens weet nooit wanneer daar weer ‘n meevallertjie is nie…

Teken só in op ons e-nuusbrief
Dis baie maklik om vir RSG se nuusbrief te registreer. Gaan na die tuisblad op RSG se webtuiste (rsg.co.za), en klik op E-nuusbrief op die INTERAKTIEF blok. Hier is die skakel na die intekenblad: http://www.rsgplus.co.za/kontak/teken-in

Dan vul jy net jou naam, van en e-posadres in, klik op Teken In – en siedaar! Jy kry so twee nuusbriewe per maand met interessante brokkies, hoogtepunte, nuus, terugvoer, ‘n kykie agter die skerms en vele meer!