Magdaleen sê: Luistersyfers groei


Ons is by die draaipunt verby. Ek praat nou van Winter-sonstilstand. Die langste nag en kortste dag was op Donderdag 21 Junie. (Ek val myself in die rede, maar ek kan nie help om aan die bekende temalied uit die film The longest day te dink nie. Onthou jy dit? Kyk die video hieronder)

Nietemin, die dae word nou langer en die nagte korter. Die wat weet, sê ons sal nou stadigaan begin ontwaak, lus word vir oefening, vir gesonder eet en ons tred en gemoed sal ligter word.

Dieselfde is aan die gebeur met RSG se luistersyfer; dit groei en is tans op 1.3 miljoen. Dis interessant om te sien dat die meeste radioluisteraars, nie net RSG s’n nie, steeds die tradisionele FM transistor as medium verkies en ook by die huis radio luister. Kyk bietjie na wat ons uit die jongste inligting ontsyfer:

Toestel % Plek %
Radio 81
Tuis 91
Motor radio 27 Voertuig 29
Selfoon 20 Werk/Universiteit 10
TV 16 Ander 5
Rekenaar 3