Nuusbriefwenner in sy noppies met R6000 van RSG


Nuusbrief Wenner_Kobus SchonkenKobus Schonken het geregistreer vir die nuusbrief, bloot vir meer inligting en ‘n loer na dinge agter die skerms.

Op Woensdag 23 September word Kobus se naam lukraak deur die rekenaar getrek en tjoef-tjaf daar wen hy R6000. Maar toe kry RSG hom nie in die hande nie. Ons hou aan probeer en uiteindelik kry ons hom die volgende dag in die hande. Hy het nagskof gewerk, dié dat ons hom nie kon kry nie.

Kobus woon in Robertson in die Boland en hy werk by Robertson-wyne. Hy geniet tuinmaak en gaan beslis ‘n paar nuwe plantjies aanskaf en verder sy vrou en seun bederf met die prysgeld. Hulle hele gesin luister baie graag na RSG en dit was vir Kobus baie kosbaar toe hy hoor sy naam is getrek.

Teken só in
Dis baie maklik om vir RSG se nuusbrief te registreer. Gaan na rsg.co.za en klik op E-nuusbrief op die INTERAKTIEF blok. (Of klik sommer net hier.) Dan vul jy net jou naam, van en e-posadres in, klik op Teken In – en siedaar! Jy kry dan elke 2de week die RSG-nuusbrief met interessante brokkies, hoogtepunte, nuus, terugvoer, ‘n kykie agter die skerms en baie ander dinge.

Vertel gerus vir jou familie en vriende van RSG se nuusbrief – ‘n mens weet nooit wanneer daar weer ‘n meevallertjie gaan wees nie.