Nuwe musiekreeks huldig ‘vergete’ sterre


Luister weer na die musiekreeks van 13 weke deur Heindrich Wyngaardt Toe ons sterre was.

Neville Nash

In hierdie reeks, Toe Ons Sterre Was,  word die klanke en verhale opgediep van sangers uit die sestiger-, sewentiger- en tagtigerjare, soos Zayn Adam (in die eerste aflewering), Danny Williams en Neville Nash.

Dit sluit ook kindersterre in, soos Jonathan Butler, Little Ronnie Joyce en Ricardo & Friends.

Danny Williams

Ook dansgroepe soos The Rockets, Restless Children en The Flames sal gehoor word, saam met langarmorkeste soos The Bobby Hendricks Sound en Jimmy’s Grand Six.

Die goue draad wat deur die stories loop is kunstenaars wat in ‘n tyd waar hulle ‘n droogte aan geleenthede beleef het, wel hoogtes kon bereik. In die hedendaagse era het hulle ietwat vergete geraak. Heindrich Wyngaard huldig hulle en ander met historiese agtergrond, staaltjies en liedjies waarvan sommige minder bekend is as die kunstenaars se treffers.

Zayn Adam