Befonk kry nuwe vonk, nuwe name en gee meer hulp met skoolvakke

Befonk kry nuwe vonk, nuwe name en gee meer hulp met skoolvakke


Die afgelope paar jaar het RSG elke jaar so van September af vir die matrieks gehelp met hersiening. Dié diens het groot belangstelling uitgelok. RSG en Befonk se jong aanbieders het nou nuwe vonk in die program gesit en van Julie af gaan die gereelde opvoedkundige programme vir die jongmense weeksaande 19:30 anders daar uitsien en met nuwe name naamlik Kopkrap en Kompas.

Só lyk die nuwe prentjie:

  • Maandag = steeds die wel en wee van die Ratels-spelers op die jeugvervolgverhaal Ratels
  • Dinsdag = Kopkrap met aanbieder Arehan Brand
  • Woensdag is Kompas met Craig-lee Smith oor loopbaanmoontlikhede
  • Donderdag = Kopkrap met aanbieder Arehan Brand
  • Vrydag = Kopkrap met aanbieder Kailin Daniels
Die nuwe Befonk-span van links na regs: Clement Trussell (navorser), Graig-lee Smith (aanbieder), Tenita Kedilo (navorser), Sharifah Swartz (uitvoerende regisseur), Kailin Daniels (aanbieder), Stephan Stringer (regisseur), Arehan Brand (aanbieder).

Die nuwe Kopkrap- en Kompas-span is van links na regs: Clement Trussell (navorser), Graig-lee Smith (aanbieder), Tenita Kedilo (navorser), Sharifah Swartz (uitvoerende regisseur), Kailin Daniels (aanbieder), Stephan Stringer (regisseur), Arehan Brand (aanbieder).

Waarom?
Radio is in die ideale posisie om ‘n al groter rol te speel as hulpmiddel vir skoolkinders –

  • om hulle te help met voorbereiding vir eksamens,
  • om hulle te help om begrippe in verskillende vakke beter te verstaan en
  • om makliker te kan leer.

Wat is Kopkrap?
Kopkrap gaan oor hulp met skoolvakke. Die aanvanklike vakke waaroor gesels gaan word, is Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap.

Anders as die jaarlikse RSG Hersiening, gaan Kopkrap nie net oor hersiening nie en ook nie net vir matrieks nie. Dit is gemik op graad 10, 11 en 12 en gaan prober om verskeie asoekte van die leerplanne te dek.

Hier is ‘n voorsmakie van wat bespreek gaan word:

Wiskunde

  • Getalpatrone, Rye en Reekse
  • Finansies, Groei en Verval
  • Algebra
  • Differensiaalrekene
  • Waarskynlikheid
  • Euklidiese Meetkunde & Meting
  • Analitiese Meetkunde
  • Trigonometrie
  • Statistiek

Fisiese wetenskap

  • Materie & Materiale
  • Chemiese Stelsels
  • Chemiese Verandering
  • Meganika
  • Golwe, Klank & Lig
  • Elektrisiteit & Magnetisme

Lewenswetenskap

  • Lewe op die molekulêre, sellulêre en weefselvlak (milekules en organe)
  • Lewensprosesse in plante en diere (wat lewe onderhou)
  • Omgewingstudies (biosfeer tot ekosisteme)
  • Diversiteit, Verandering en Kontinuïteit (geskiedenis van lewe op aarde
Van links na regs: Graig-lee, Clement Tenita, Sharifah Swartz, Kailin, Arehan en Stephan.

Van links na regs: Graig-lee, Clement
Tenita, Sharifah Swartz, Kailin, Arehan en
Stephan.

Ontmoet die Kopkrap- en Kompas-span

sgarifaSharifah Swartz (uitvoerende regisseur van RSG se opvoedkundige programme)
Die radiogogga het my in 1999 gebyt met my eerste werk as aanbieder en joernalis van die destydse radionuus-streeksprogram, Noordkaap-fokus, op RSG. Ek is ‘n Kimberley meisiekind, maar ook ‘n trotse Kapenaar! Ek het in 2006 ‘n groot liefde vir Johannesburg gekweek waar ek ‘n pos by die Afrikaanse TV Nuus as bulletinskrywer aanvaar het. Vier jaar later en ek’s terug by radio. My hele lewe is dus ‘n reis!

arehanArehan Brand (aanbieder Kopkrap op ‘n Dinsdag en Donderdag)
Arehan het van ‘n jong ouderdom af daarvan gehou om te skryf, en soos hy ouer geword het, het hy ‘n belangstelling in nuus en aktuele sake ontdek. Dit is dus geen verrassing dat hy tans Joernalistiek aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie studeer nie. Arehan is een van RSG en Kopkrap- en Kompas se nuutste aanbieders. As hy nie agter die mikrofoon sit nie, kan jy hom op die pad vind waar hy van die stadslawaai vergeet en die plattelandse landskap geniet.

kop4Kailin Daniels (aanbieder Kopkrap op ‘n Vrydagaand)
Met die media bedryf as anker, het die radiogogga Kailin aan die broekspyp beet gekry op ‘n baie jong ouderdom. As joernalistieke student is sy vasbeslote om suskses te behaal. Haar voete is diep gegrond in ‘n klein dorpie op die Weskus, met ‘n liefde vir haar gemeenskap. Haar passie vir kommukasie het begin as kaptein van die debatspan op skool (en toe sy ook Regte geswot het op UWK!) Met haar ervaring in die media bedryf glo sy dat ‘as jou drome jou nie bangmaak nie, is dit nie groot genoeg nie!’

GraigGraig-Lee Smith (aanbieder van Kompas op ‘n Woensdagaand)
Graig-Lee wou altyd in die mediabedryf werk. Hy het in graad 10 besluit om ʼn diploma in joernalistiek te doen en is tans ʼn gekwalifiseerde joernalis in Kaapstad. Tydens sy studies het hy skaduwerk by bykans elke radiostasie in Kaapstad gedoen. Hy het later ook by Media24, Health24, Beeld en Netwerk24 gewerk. Sy ander loopbaanhoogtepunte sluit in sy internjaar waar hy meer veldervaring in aanlynmedia opgedoen het toe hy deur die wêreld getoer het. Hy is ook in 2013 genomineer om Suid-Afrika by die Young World Leaders Seminar in Johannesburg te verteenwoordig. Hy is ʼn Kapenaar in murg en been en sal nie sommer die Moederstad verlaat nie.

kop5Stephan Stringer (regisseur)
Stephan is ‘n jong joernalis van ‘n klein gemeenskap in Kaapstad. Hy het op die ouderdom van 16 besef dat hy ‘n talent vir skryf en aanbieding het. Hy was ‘n meganiese ingenieurswesestudent by een van Suid-Afrika se mees prominente skole, en het toe (wat baie beskryf as ‘n 180 grade omkeer) die kans gewaag om die mediabedryf aan te pak. Dit was daar en dan dat hy sy passie vir aanbieding ontdek het.

Kop1Clement Trussell (navorser)
Die radiogogga het Clement by ‘n gemeenskapradiostasie op die Weskus gebyt. Hy is jonk, energiek en opgewonde om jongmense te inspireer. Sy passie vir radio gee hom elke dag die dryfkrag om sukses te behaal in alles wat hy aanpak.

kop2Tenita Kidelo (navorser)
Tenita is oorspronklik van Ladismith, maar is nou woonagtig in De Doorns. Sy is ‘n finalejaar student aan die Universiteit van Wes-Kaapland, waar sy tans haar graadstudies voltooi in BA-Afrikaans en Nederlands. Van haar hoogtepunte sluit die volgende in: Die Dekaan-merietlys toekenning, beste tweede-jaarstudent in die haar department en ook pryswenner vir die jaarlikse SANV uit Nederland.  Sy het ‘n passie vir kommunikasie, en waar beter om dit toe pas as op ‘n radiostasie. Sy het vroeg geweet dat sy met woorde kan toor, en sy het geweet dat mense haar moet hoor.