Nou’t ons ‘n laat-aand seksprogram

Nou’t ons ‘n laat-aand seksprogram


martelizeHIGHRES-8864convertedSeks & Jy……op RSG

Van seksverslawing tot jou persoonlike seksuele rewolusie!

Van Vrydag 1 Julie af net na die 23:00 nuus, word jy ‘n veilige en oop forum gebied in Seks & Jy om hierdie belangrike deel van jou menswees te verken en oplossings vir seksuele probleme te prober vind. Verskeie spesialiste op die gebied sal weekliks praat oor onderwerpe soos seks binne langtermynverhoudings , die rol van ‘n orgasme, pyn gedurende seks, seksuele rypheid, die impak van pornografie op die brein en hoekom mense mekaar verneuk.

Luister na ‘n kort voorsmakie van die program:

Jy sal ook jou vrae kan instuur en deelneem.   Skakel Vrydae 23:15 in op RSG vir Seks & Jy, saamgestel en aangebied deur Martelize Brink.

Gesels sommer dadelik per e-pos by brink@rsg.co.za. Jy is welkom om anoniem te bly.

Leandie Buys, kliniese seksoloog en verhoudings- en huweliksberader, en geregistreerde trauma-berader. Skrywer van "Seisoene van Seks".

Leandie Buys, kliniese seksoloog en verhoudings- en huweliksberader, en geregistreerde trauma-berader. Skrywer van “Seisoene van Seks”.

Een van die gaste op diee program. Dr Etienne van der Walt, neuroloog en direkteur van Neurozone vir toegepasde breinwetenskap.

Een van die gaste op diee program.
Dr Etienne van der Walt, neuroloog en direkteur van Neurozone vir toegepasde breinwetenskap.