Oudtshoorn-klooster se musiekonderrig eggo ver


Die Holy Cross-klooster in Oudtshoorn se musiekprogram het van die 1950’s tot 1980’s ‘n groot invloed op die plaaslike gemeenskap gehad, skryf Este Gross.

Luister hier na die klankgreep oor die klooster se bedywighede.

In ‘n tydperk van groot verdeeldheid, het die musiekprogram die gemeenskap van Oudtshoorn verenig. Kerkdemonisasie en herkoms het nie die lede van die Rooms-Katolieke en Lutherse Kerk gekeer om saam musiek te maak nie.

Die musiekprogram het sowat 400 leerders oor drie dekades geraak. Die gehalte-onderrig het vrugte afgewerp. Die Suid-Afrikaanse konsertpianis John Theodore het sy eerste musiekonderrig by die nonne van die Holy Cross-klooster ontvang. Theodore is ook tans die Senior Musiekspesialis van die Wes-Kaapse Onderwysdepartement. Nog ‘n oud-student, prof. Johann Buis, doseer as mede-professor in Musiekwetenskap aan die Wheaton College in Illinios, Amerika.

Pianis John Theodore as leerder by die nonne van die Holy Cross klooster op Oudtshoorn

Uit die  foto-album van die Hoy Cross klooster op Oudtshoorn: Pianis John Theodore as leerder by die nonne van die Holy Cross klooster op Oudtshoorn

In ‘n poging om die besondere geskiedenis te bewaar, het Theodore en Buis die Oudtshoorn Musiek- en Kulturele Geskiedenisprojek geloods. Persone wat deel was van die Laerskool de Villiers Meisieskore, asook die Rooms-Katolieke en die Lutherse Basuinekore word genooi om deel te neem aan die projek.

Vir meer inligting besoek die Facebookblad Oudtshoorn Music and Cultural History Project of e-pos Prof. Johann Buis by jbuis1@gmail.com.

Pianis John Theodire en prof. Johann Buis

Pianis John Theodore en prof. Johann Buis

Die Basuine-orkes van die Holy Cross klooster

Uit die foto-album: Die Basuine-orkes van die Holy Cross klooster

Uit die foto-album: Die dameskoor onder leiding van Johann Buis se pa.

Uit die foto-album: Die dameskoor onder leiding van Johann Buis se pa.