92% van munisipaliteite is bankrot


92% van ons land se munisipaliteite is eintlik tegnies bankrot en is nie finansieel volhoubaar sonder doeltreffende intervensie en nuwe vaardighede nie. 26 % kan nie meer basiese aktiwiteie volvoer nie.

Hier is enkele feite en tendense uit die verslag  van die Ouditeur-generaal Kimi Makwetu vir die 2014/15 en die bespreking:

      • Ongemagtigde besteding deur munisipaliteite het die afgelope 5 jaar drievoudig toegeneem tot R15,32 miljard, weens oorbesteding van begrotings.
      • Vermorsing het gestyg tot R1miljardMunisipaliteite in die Wes-Kaap vaar goed, dié in in Gauteng en KwaZulu-Natal redelik goed, maar dié Noordwes, Limpopo, Mpumalanga, Oos-Kaap, Noord-Kaap en die Vrystaat vaar swak.
      • 19% van die munisipaliteite het ‘n ongekwalifiseerde oudit met geen bevinding – dit is ‘n aanvaarbare verslag, 40% het ongekwalifiseerde verslae met bevindings, dus is die basiese verslag in orde maar daar is kleiner probleme, 28% het gekwalifiseerde verslae met bevindings ontvang, dus is daar ernstige probleme met die verslag, 1 % het teenstrydige verslae wat onakkuraat is, 10% het ernstig weersprekende verslae ingedien, 2 % het geen verslae ingedien nie.
      • In Suid-Afrika is politieke oorweging is deurslaggewend en belangriker as finansiële  volhoubaarheid, goeie bestuur en dienslewering.Daar is te veel tydelike, poltieke aanstellings. Die verkryging van goedere is nie kompeterende nie en bevoordeel net sekeres.
      • Daar is byna geen strafmaatreëls vir finansiële bestuurders (wat dikwels politieke aanstellings is) wat swak presteer nie. Inteendeel hulle kry prestasiebonusse al kry hulle ongekwalifiseerde oudits.
      • Die hoë salarisse van munisipale bestuurders en topbestuur is buitensporig.
      • Konsultante behoort onnodig te wees omdat die mense wat in die poste aangestel word die werk behoort te kan doen.
      • Ons het ‘n vaardigheidskrisis, ook ‘n krisis van waardes.
      • Amalgasie van munisipilatiteite is nie altyd die oplossing nie.  bv ventersdorp en klokwe. Munispale moet funskioneel wees en deur intervensies en mense wat kundige en vaardig is.
      • Daar is meer verslae ingedien, maar dit is nie te sê dat die verslae wat ingedien is, beter is nie.
      • Selfs ‘n skoon oudit beteken nie daar is nie geld gemors nie, net dat daar voldoende papierwerk is vir die uitgawes, maar die uitgawes kan buitensporig wees bv dat R50000 per vierkante meter vir plaveistene betaal word al is dit buitensporing hoog, maar die papierwerk was reg. ‘n Skoon oudit beteken ook nie noodwendig goeie dienslewering nie.

Met ‘n plaaslike verkiesing om die draai, hoe lyk die stand van ons munisipale bestuur en gaan dit ‘n kwessie vir kiesers bly?

Prof. André Duvenhuge, politieke ontleder van die Noordwes Universiteit op die Potchefstroom kampus, en Karen Heese van Municipal IQ, is die gaste van Lynette Francis op Praat Saam.

Luister hier na die volledige program.