Hoe koop jy skoene vir jou kind?


Charlene Lackay gesels met Pieter Roos, ‘n voetheelkundige, oor kinders se voete. (http://fixyourfeet.co.za/). Roos praat oor hoe ingewikkeld voete is, veral klein voetjies, en gee raad oor hoe jy kinderskoene moet koop.

Let wel:

  • Dis ‘n mite dat jy skoene moet inloop. Dan is dit te klein of te smal as jy dit koop.
  • Meet jou kind se voete deur dit af te trek op ‘n papier of karton. (Hier is ‘n gids vir skoengroottes volgens die lengte van die kind se voet: https://www.blitzresults.com/en/childrens-shoe-sizes/#guide-how-to-measure-children8217s-feet-correctly
  • Moenie bekommerd wees as jou baba/kleuter platvoete het nie. Dis om n groter area te gee om vas te staan.
  • Kinders se voete groei so vinnig as hul lyfies. (Maar in puberteit kan die voete, neus, ore, knieë die res van die lyf vooruit groei.)