Nuwe programme en veranderinge vanaf April 2018


Ons het ‘n hele handvol nuwe programme en programveranderings wat in April afskop.

Buiten die programveranderings, het ons ook ‘n hele klompie spesiale buite-uitsendings in April en gaan ons kuier by die KKNK op Oudtshoorn, by die Kokanje aftree-oord in Modimolle, by die Oppiwater-kunstefees op die waters by Mosambiek en die Portugese eilande en by die Suidoosterfees in die Kaap. Lees meer hieroor.

Hier is ‘n opsomming van die nuwe programme en die veranderings. Ons merk al die splinternuwe programme en insetsels met *, die programme met veranderde tydgleuwe of -name met **, en terugkerende gewilde programme met #.

Program Wat Skedule Wanneer
**Hartebreker

Lees en kyk meer.
Nou 3 x per week (Ma, Wo & Vry). 09:50 Van 2 April
#Joune

Lees meer.
Terug in Oggend op RSG op weeksdae. 11:05 Weeksdae Van 2 April
*Toekomsnuus

Lees meer.
Nuwe insetsel oor tegnologiese en ander veranderinge in die toekoms – nuushooftrekke oor nuus wat nog moet gebeur. 12:45 Woensdae Van 11 April
*Die kwik styg

Lees meer.
‘n Program oor klimaatsverandering en hoe dit die mens, dier, omgewing en landbou en dus ons manier van eet, doen en boerdery gaan beïnvloed. 12:45 Vrydae Van 6 April
**Feitedagboek

Brokkies, musiek en onderhoude oor gebeure in die verlede. Skuif na weeksaande. 19:30 Maandae Van 2 April
*Bittereinders

Lees meer.
Nuwe musiekreeks oor SA sangers wat al lank in die bedryf is en steeds aan die gang is 21:10 Maandae Van 2 April
**Boekvoorlesing saans

Skuif weer terug na vroegaand 19:20 Weeksdae Van 2 April
**Reissondergrense

Verleng 11:05 – 11:30 Saterdae Van 7 April
**Vastrap

Nuwe vaste gleuf 14:00 – 15:00 Saterdae Reeds in werking
**Kinderprogramme

Ma, Wo & Vr = NaliBali:
Di, Do & Sat =Takelane
So = Avonture van Manie Mier
19:10
19:10
18:10
Van 1 April
*Musiekbonbons xtra

Lees meer.

Nuwe musiekreeks deur Terrance April met snitte wat effe langer is 10:05 Sondae Van 1 April
**Taaldinge Nuwe naam en groter fokus op taalnavrae 11:05 Sondae Van 8 April
**Sondag met… Begin vroeër 13:05 – 15:30 Sondae Van 1 April
**Dis Gospel

Saamgestel & aangebied deur Phil Loots 15:30 – 16:30 Sondae Van 8 April
*Laat ons sing

Koormusiek 18:20 Sondae Van 8 April
#Uit ‘n ander hoek

Lees meer.

Tradisionele godsdienssake vanuit ‘n ander perspektief/spiritualiteit 19:01 Sondae Van 8 April