Jong berede boogskieter tref die kol


Nicholas Immelman vertel vir Johan Rademan by Oggend op RSG van berede boogskiet waarin hy as 14-jarige ‘n silwer medaje tydens die 13de berede boogskiet- wêreldkampioenskap in Suid-Korea verower het.

Dit word Mounted Archery genoem.

Nicholas in aksie

Hy is n regte plaasseun hy hou van trekkers en implemente. Hy kan plant, sny, hark, baal en ploeg. Hy hou van die buitelewe, motorfiets ry, jag en visvang. Hy wil nog baie graag valskermspring, “base jumping” en “bungy jumping” gaan doen, hy wil ook vreeslik graag oorsee gaan toer.

Hy wil eendag ‘n Siviele Ingenieur of ‘n kommersiële boer word wat met beeste en mielies boer.

 Hy het begin perdry toe hy 6 jaar oud was hy het onmiddelik daarvan gehou. Sy ouers het sy eerste perd vir hom gekoop toe hy 7 was – Vicky Rose – en hulle is onafskeidbaar.

Toe hy die eerste keer afval, het sy dadelik omgedraai en hom met haar neus gestoot om te kyk of hy seergekry het. Hy spring en staan en klouter van voor en agter bo-oor haar en dit pla haar geensins nie, die vertrouensband wat hulle twee deel, is ongelooflik.  “Ons is baie bevoorreg om so ‘n nederige, aanvaarbare dier te kon kry vir Nicholas,” skryf sy ouers.

Nicholas Immelman

Hy het al alles moontlik met haar gedoen; hy het begin met oefen-skoue waarna dit meer kompeterend geword het; hy het deelgeneem aan dresseer, spring, working hunter en working riding. Nadat Nicholas en Vicky ‘n ongeluk gehad het tydens ‘n springkompetisie, het sy ‘n besering opgedoen waarna Nicholas besluit het hy wil nie meer spring nie. Hy het toe begin met Western Mounted Games. Nicholas het ook deelgeneem aan die jaarlikse Horse and Wine Festivals in Parys waar hulle net skou met Friese. Hy het die 2015 Supreme Champion titel verower

Nicholas Immelman.

Nicholas het deelgeneem aan die Maart 2018 International Horseback Archery Alliance se Postal match waartydens ruiters van VSA, Kanada, Poland, Holland, Duitsland, Luxembourg en Suid Afrika deelgeneem het. Hy is 1ste geplaas in die Junior afdeling en ‘n algehele plasing van 14de.

Hy het ook reeds deelgeneem aan 3 SANESA Qualifiers (hier kwalifiseer hulle vir Provinsiale Klere) waartydens hy onderskeidelik verskeie eerste plekke verower het.

Dan het hy ook deelgeneem aan 4 MAASA qualifiers (hier kwalifiseer hulle weer vir Protea klere) waar hy drie eerste plekke en een tweede plek verower het.

Nicholas Immelman