Wie neem deel aan Joune?


Baie meer jonger mense neem deel aan JOUNE as wat ‘n mens sou verwag. Martelize Brink, samesteller van Joune, vertel meer oor Joune:

“‘n 33-jarige kommoditeitsassitent, ‘n 48-jarige luisteraar van Montagu wat in ‘n bank werk, ‘n 58-jarige onderwyser op Mosselbaai of ‘n 23-jarige administratiewe beampte van Nigel.

“Ja, die deelnemers aan JOUNE, is ‘n diverse groep Suid-Afrikaners wat hul persoonlike musiekliefdes met die res van RSG se luisteraars wil deel. ‘Oldies’ soos Neil Diamond se I am, I said of Abba se Mamma Mia, Leonard Cohen se Hallelujah of treffers van Elvis Presley is gewilde keuses. En dan geniet luisteraars nuwer musiek soos Sam Smith se Stay with Me, Bruno Mars se Just the way you are, Karen Zoid se As die musiek begin speel of Kurt Darren se Jy’s ‘n legend.

“Die terugvoer van ander luisteraars is oorweldigend. Soms nostalgies, soms opgewonde oor iets wat hulle nog nooit van te vore gehoor het nie: “Ai ai ai, dis nou regtig baie mooi, ek sing lekker saam en dit voel of ek kan dans in trok siel op wiel”, “Mooi hartsmusiek. My generasie se musiek so reg van my dorpie waar ek skool gegaan het groete”, is van die luiteraars se reaksies.

“JOUNE fokus op volwasse kontemporere musiek en nuwe keuses wat ‘n plek in jou musiek-hart gevind het. Luisteraars is welkom om hul 5 gunstelinge te stuur na brink@rsg.co.za

JOUNE is weeksdae net na die 11:00 nuus.”