WO1 100 jaar gelede beëindig


Die simbool van die einde van die Eerste WO

Dit is vanjaar 100 jaar ná die beëindiging van die Eerste Wêreld-oorlog. Kommandeur Leon Steyn, bevelvoerder van die SA Vloot en kurator van die SA Vlootmuseum vertel van die geskiedenis van die gebruik 11:00 op die elfde dag van die elfde maand vir die herdenking.

Luister hoe Kommandeur Steyn op Oggend op RSG meer vertel oor:

    • Wapenstilstanddag of Dag van Herinnering (Armistice Day or Day of Remembrance) op 11 November en die geskiedenis agter dit.
    • Suid-Afrika se deelname aan die Eerste Wêreld-oorlog (1914-1918) en veral die Westelike Front en die slag van Dellvillebos – die verskriklike lewensverlies – en manier van oorlogvoering.
    • Die dag staan ook bekend as “Poppy Day” nav die Papawer blommetjie wat na die slagting in die veld opgekom het en vandag nog met 11 November geassosieer word.

Suid-Afrikaanse soldateb aan die Westelike Front.
BATTLE OF MENIN ROAD RIDGE, 1917 (Q 11681) South African Scottish troops wait in a support trench, east of Frezenberg Ridge. Copyright: © IWM. Original Source: http://www.iwm.org.uk/collections/item/object/205192929

Herdenking en middagstilte in Kaapstad in 1918.

Die middagstilte in Kaapstad in 1942