Ons spesiale Kersdag program, en feestydprogram


Ons bied weer op Kersdag ‘n hele reeks spesiale programme aan om die stemming van dié dag met jou te deel.

RSG-KERSDAGROOSTER 2022

Tyd Program Vervaardiger/

Aanbieder/ Meer inligting

Tydsduur
05:00 Oggendstemming

Tharien Oosthuizen 50 minute
06:00 Nuus en temperature
06:10 Kersstemming

Tharien Oosthuizen

In Kersstemming hoor ons die King’s College koor, Yo-Yo Ma, Enya en ‘n pragtige komposisie van Nigel Hess.

40 minute
06:55 Lewende Woord Danny Fourie lees uit  Jesaja 9:1-5 en Lukas 2:3-20; 25-35. 5  minute
07:00 Nuus en weer
07:10 Binnekamer op Kersdag

Binnekamer sal 07:00 tot 08:00 uitsaai en fokus op stories van geloof, inspirasie en dankbaarheid. 45 minute
08:00 Nuus
08:05 Loof die Here

Magdaleen Krüger 50 minute
09:00 Oggenddiens 40 minute
09:30 Kerswense aan 90 jaar en ouer Luisteraars kan hulle Kerswense aan senior burgers voor 23 Desember per e-pos stuur na info@rsg.co.za. 20 minute
10:00 Nuus
10:05 Liefdesliedjies

 

Johan van Lill 50 minute
11:00 Nuus
11:05 Joernaalprogram vir Kersdag

In ’n Kersjoernaalprogram met die tema Lewe en Lig om 11:00, gaan Phillip de Vos vier van sy gedigte voorlees. Die aanbieder is Lizelle de Bruin. 50 minute
12:00 Nic se Goed Nic de Jager

Vir die eerste keer in die geskiedenis van hierdie program is Kersdag op ’n Sondag en sal die program rondom Kersfees wentel.

52 minute
13:00 Nuus
13:05 Ebenezer Penniegryper deur Charles Dickens

Argiefdrama

’n Afrikaanse vertaling van Charles Dickens se klassieke A Christmas Carol.  André Rossouw vertolk die titelrol in hierdie produksie deur Joey de Koker.

50 minute
14:00 Klassieke Kersfeesmusiek, Deel 2
’n Feestelike program van klassieke Kersfeesmusiek, vokaal en instrumentaal, is spesiaal saamgestel deur Willem Vogel, wat ook die regie van die produksie behartig.

Kersliedere soos In die stad van Koning Dawid, Cantique de Noël, Somerkersfees, Joy to the World en Heidschi bum Beidschi word afgewissel met gewyde werke uit die Messias van Handel, Agnus dei van Bizet, ’n Ave Maria uit Ysland, Allelujah vir tenoor en trompet van Fux en daar is selfs ’n uittreksel uit die Neutekraker van Tchaikovsky.
Luister Oukersaand na die eerste deel van die konsert.

90 minute
15:00 Nuus
15:05 Gespreksprogram vir Kersdag  

’n Gespreksprogram wanneer Dr. Flip Loots met sy gaste oor aktuele  Kerstemas gesels.

50 Minute
16:00 Nuus
16:05 Vers en klank ’n Spesiale Kersepisode van Vers en Klank onder leiding van Ina Strydom word om 16:00 uitgesaai 25 minute
16:30 Leefwêreld van die gestremde  

Fanie du Toit belig die ‘Walk in my Wheels’-projek in Oudtshoorn waar ’n pastoor uitgedaag is om vir vier ure in ’n rolstoel deur te bring.

25 minute
17:00 Nuus
17:05 Dis Gospel
Jacqui January 50 minute
18:00 Nuus en weer
18:10 Kersmusiek en luisteraars interaksie

Luisteraars kan musiekversoeke tussen 18:00 en 18:30 na die ateljee stuur wanneer die kontinuïteitsaanbieder interaktief met luisteraars gesels 20 minute
18:30 Aanddiens 27 minute
19:00 Nuushooftrekke
19:01 Geloof wat grondvat Die laaste episode van dié reeks word op Kersdag uitgesaai wanneer Dr. Flip Loots, Prof. Christina Landman en gaste geloofskwessie bespreek.

 

25 minute
19:30 Sterre en planete

Daar word baie bespiegel oor wat die Bethlehem ster presies was.  Was dit ‘n konjunksie of ‘n okkultasie?  In Sterre en Planete gesels die span daaroor. ‘n Ander onderwerp wat ter sprake gaan kom is die sg somer konstellasie – die Orion groep.  Daar word gesels oor die drie konings in die konstellasie en dan die bekende Rigel en Betelgeuse sterre.  Mens kan ook die drie konings gebruik om die heldeste ster, Sirius, te vind. Die programleier is Hennie Maas. 25 minute
20:00 Kommentaar 55 minute
21:00 Nuus en weer
21:10 Dis opera

In die spesiale Dis Opera-Kersprogram luister ons na die mooiste Kersmusiek, gesing deur die wêreld se bestes, soos Luciano Pavarotti, Reneé Fleming, Placido Domingo, Roberto Alagna, Kiri te Kanawa, Thomas Hampson, Jussi Björling, Sissel Kyrkjebo asook Jonas Kaufmann se Kersalbum en Andrea Bocelli se Kersalbums.

Van die items in ons Kerskous is O Holy Night, Ave Maria van Gounod, Es ist ein Ros’ Entsprungen, O Tannenbaum, Twelve Days of Christmas, O Divine Redeemer en vele meer.

100 minute
23:00 Nuus en weer
23:10 Goue oues Eloise Cupido 50 minute