‘n Bloedrooi maan


Die langste maansverduistering van die eeu was die nag van 27 Julie sigbaar. Die maansverduistering word bloedmaan genoem omdat die maan rooi vertoon.

Luister
Die span van Sterre en Planete gesels oor die maansverduistering wat aan die einde van Julie plaasvind. Willie Koorts bespreek die verskillende stadiums van die verduistering, en wat die verskil is tussen ‘n maansverduistering en ‘n sonsverduistering. Daar is ook inligting oor ‘n moontlike meteoor wat oor dele van Noordwes gesien is.

Luister ook:
Die span gesels breedvoerig oor sonsverduisterings, en wat die verskil is tussen ‘n son- en maansverduistering. Hulle verduidelik ook waar die term bloedmaan vandaan kom.

Hier is enkele foto’s oor die maansverduistering.

Bloedmaan. Sender: Amanda Basson

Die bloedmaan en Mars vanaf Port Elizabeth. Sender: Lilian Zeelie

Bloedmaan. Lilian Zeelie, Port Elizabeth

Totale maansverduistering. Sender: Doreen Rothman